‘My enkel is af, maar ’n All Black-trui maak alles beter’
Rugby
Ek is darem net 24 jaar oud en sal nog 'n rugbyloopbaan hê, skryf die beseerde Namibiese senter vir Netwerk24.
Ek was nog nooit in my lewe so opgewonde oor ’n wedstryd soos voor die een twee weke gelede teen die All Blacks nie. Ek is nie ’n ou wat normaalweg senuweeagtig raak voor ’n wedstryd nie, maar ek kon beslis daardie aand voel iets groot lê voor.
Om teen Nieu-Seeland te speel, is immers werklik spesiaal.
Toe die groot oomblik aanbreek met die haka, was dit surrealisties.
Ek was absoluut in die oomblik toe die wedstryd begin – maar my vreugde oor ’n eerste toets teen Nieu-Seeland het net 17 minute geduur.
Toe bars die borrel skouspelagtig. My linkervoet het gegly en my regtervoet het in die grond vasgehaak. Ek het afgekyk en probeer om my enkel terug in plek te dwing – maar het toe besef wat gebeur het, en hoe ernstig ek my been beseer het.
Alles het daarna in stadige aksie beweeg. Dit was vrek seer, en toe hulle my op die mediese karretjie sit, het my emosies my oorweldig.
Ek het later gehoor ek het die sindesmose in my enkel geheel en al geskeur, so die dokters moes daardie ligamente met titaandrade vasheg.
My fibula is gebreek en die dokters sê dit sal binne drie maande genees. Die gips op my been is oop, ek is op krukke en ek mag vir so 8 tot 12 weke geen druk op my voet plaas nie.
Die beste ding van my herstelperiode in die hospitaal was die besoek wat ek gekry het van die All Black-senter Anton Lienert-Brown.
Die eerste paar dae ná die besering was uiters pynlik, maar dit verbeter gelukkig daagliks. En geestelik is ek nou op ’n wonderlike plek. Ek is terug by my gesin in die Paarl, en die tyd saam met my ouers en twee susters was salf vir die gemoed. Ek het nie eens geweet of ek hulle voor volgende jaar sou sien nie, so in daardie opsig was my besering ’n seëning.
Ek is nie spyt oor die besering nie, want dis iets waarmee ek kan saamleef. Dit gaan vier tot ses maande vat om heeltemal gesond te raak, maar ek is darem net 24 en sal nog ’n rugbyloopbaan hê.

Dit het vir my baie beteken dat hy kom inloer het, want dit wys jou net weer ons is almal mense.
As daar egter iets is waaroor ek op hete kole is, is dit die All Black-trui wat aan my belowe is.
Dit het die hele span se handtekeninge op, so natuurlik soek ek dit met ’n seer hart! Ek wil dit voeg by my versameling van spesiale truie.
Vir nou is al daardie truie veilig weggepak, maar wanneer ek my eie woonplek kry, gaan ek dit raam en ophang.
Weens my fratsongeluk het ek Namibië se volgende wedstryd, teen Frankryk, gemis.
My hart gaan regtig uit na die skrumskakel, Antoine Dupont, wat sy wangbeen gebreek het. Ek is werklik bly om te hoor Dupont sal dalk nog in die uitklopfase kan speel, al is dit met ’n gesigmasker wat hom sal beskerm.
Ook vir my kaptein, Johan Deysel, wat vir ses wedstryde geskors is oor die aksie waarin Dupont seergekry het, kry ek vreeslik jammer.
Hy is ’n saggeaarde en rustige man en bedoel altyd net die beste. Ek glo daar was geen kwaadwilligheid in sy optrede nie.
Wat Namibië betref, het ons nog ’n lang pad om te stap voor ons die kultuur sal kan skep waarna ons streef. Tog voel ek dinge begin nou in plek val, onder ons huidige afrigtingstruktuur.
Dit bly egter baie moeilik om vorentoe te beweeg wanneer jy nie gereeld op die hoogste vlak meeding nie – en wanneer daar groot tellings teen jou opgestapel word, maak dit alles nóg moeiliker.
Net omtrent ’n derde van die Namibiese span is semiprofessioneel, en die res is boere, of studente of in versekering of finansiering. Na my mening kan Wêreldrugby meer doen om ons ontwikkeling te bespoedig, want ons het die nodige fiksheid, maar nie die nodige ervaring nie.
Dit was nie eintlik regverdig om ons, as vlak 2-land, net ’n jaar te gee om vir die Wêreldbeker-toernooi voor te berei nie – veral in ag genome die kaliber van ons teenstanders. Jy kan nie verwag dat spelers hul werk moet bedank om minimum loon in Windhoek te gaan verdien nie. Dus, dit begin met befondsing en die steun van die Namibiese span self.
– Rapport/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie