Mylpaal vir Jood
Jood Opperman se jarelange, voortdurende opofferinge as liggaamsbouer het vrugte afgewerp toe hy gekwalifiseer het om op 20 November vanjaar aan die wêreldkampioenskap in Birmingham, Engeland te gaan deelneem. Die 54-jarige gewese Namibiese rugbystut het die prestasie behaal toe hy by ’n kompetisie die afgelope naweek in Kaapstad tweede in die onder-90 kilogramklas en derde van die Legends (50 en ouer) geëindig het. Opperman sê liggaamsbou is ’n sport wat “sielkundig met elke deel van jou lyf speel” en jou verby grense kan druk wat jy gereken het jy nooit sal kan bereik nie. “Dieet en oefening reinig jou sielkundig en liggaamlik. Op dae wanneer jy ’n lae koolhidraatinhoud neem, voel jy sonder energie, maar moet steeds 100% gee in die gimnasium. Liggaamsbou is die enigste sport wat jy elke dag met jou saamdra,” het Opperman gesê in ’n inskrywing op sosiale media waarin hy ook sy familie, oefenmaats en afrigter vir hul ondersteuning bedank het. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie