Die Century Racing CR6 van Loic Bathfield lyk nie verniet gemeen nie. Foto Tielman van Lill
Die Century Racing CR6 van Loic Bathfield lyk nie verniet gemeen nie. Foto Tielman van Lill

M+Z Motors vuur Tara aan

Motorsport
Tielman Van Lill
Namibië se geliefde pronkstuk, die Tara-tydren, sal vanoggend 09:30 by die Tony Rust-renbaan wegspring met bykans 20 hoopvolle spanne om Tara, die kat, se spreekwoordelike byt en skerp naels vir die duur van die twee dae en 154 kilometer te ontglip.

M+Z Motors is die hoofborg van vanjaar se Tara-toer, wat op die eerste én tweede dag suid van die hoofstad na Rehoboth beweeg en op beide dae by die renbaan eindig.

Op die eerste dag word 12 supersneldele (SS’e) met ’n totaal van 102 kilometer gejaag, terwyl môre ses skofte (totaal 52 km) op die spanne wag.

Vanaand sewe-uur word twee opwindende spesiale super sneldele by die renbaan aangebied waar spanne twee-twee teen mekaar jaag.

Die 2022 Tara het genadeloos onder die spanne gemaai. Slegs twee spanne in die S1-klas het teëspoed vrygespring om die uitdaging te voltooi. Sewe spanne moes noodgedwonge die aftog blaas.

Verlede jaar se S1-klas- en algehele wenner, Steven Marnevick en Jodine van Zyl, het nie ingeskryf nie. Pieter Greeff en navigator JP Robinson was toe tweede in die S1-klas en algeheel tweede met Mohatu. Greeff en Robinson het nie veel aanmoediging nodig om te jaag nie en is vandag op die wegspringrooster in dieselfde klas. Dis die enigste twee motors wat laasjaar die einpunt gehaal het.

Wilro Dippenaar se Fiesta het ’n nuwe kragbron gekry. Sy 4x4-Ford Fiesta R5 1.6T sal Allan Martin se 4x4-Skoda R5 1.6T met mening in die S4-klas pak. ’n Opwindende tweestryd wag tussen die twee gesoute jaers.

VELDVOERTUIE

Die CR1-klas behoort vir hope pret met vyf inskrywings te sorg. Gert Liebenberg jaag wel in die CR2-klas met sy 4x4-Tata V8, maar die vyf V8-spanne sal mekaar nie ’n duim gun nie.

’n Nuwelingjaer, Loic Bathfield, het in Maart vanjaar in Suid-Afrika sy eerste tydren, die Nkomazi 400, met ’n Century Racing CR6 voltooi. Bathfield en sy navigator, Johan Steyn, sal vir sy heel eerste Tara-tydren met sy doelgeboude 2x4-Century Racing CR6 deelneem.

Die hoogoond van dié monster is ’n massiewe Chevy LS V8-enjin van 7 liter wat met ’n sesspoed-opeenvolgende ratkas sy krag by die agterwiele kan uitspoeg.

Die brullende V8 lewer 265 kilowatt teen 4 600 omwentelinge per minuut en 680 Newtonmeter wringkrag teen 4 300 by die agterbande.

M+Z Motors het ook ’n span ingeskryf met Ekko Eisenberg agter die stokke van ’n splinternuwe JAC-dubbelkajuitbakkie wat met ’n V8-Lexus-enjin van 4.0 liter toegerus is. Eisenburg is ook nuut op die tydrentoneel.

Dan is Rian Kritzinger terug in sy V8-Nissan NP300 wat die Bisschoff-broers by hom gekoop het. Kritzinger het egter besluit genoeg is genoeg en die Bisschoffs omgepraat om ‘sy bakkie’ aan hom te verkwansel.

Ewald en Hein Bisschoff het intussen ’n V8-Toyota Hilux gebou wat Kritzinger, Eisenberg en Liebenberg moet teenwerk. Bathfield moet nog sy voete moet vind, maar sal beslis alles in die stryd werp om die ervare jaers te klop. Die Bisschoffs het laasjaar die CR1-klas ingepalm.

Die twee V6-Courier-bakkies jaag wel in twee verskillende klasse, maar kan interessante kykgenot met ’n tweestryd oplewer.

Dis jammer dat die Island Boys, Dirk Redman en Flippie Liebenberg, nie vanjaar ingeskryf het nie. Die duo het in 2022 die CR2-klas ingepalm. Jandré Dippenaar en navigator Gielie Visser, asook Willie en SJ Schoeman sal onderskeidelik in CR2- en CR1-klas gemis word.

VOORLOPIGE INSKRYWINGS

S1-klas: Nr. 79 Pieter Greeff/JP Robinson (sealconsultingengineers 2x4-Toyota Corolla 1.6 liter), 11 Pierre Röhm/Pieter Steyn (Gunitepools 2x4-VW Polo 1.6), 414 Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (2x4-VW Golf MK1).

S2-klas: 43 Zachary Martin/Jannie Coetzee (J&P Hydraulics 2x4-VW Polo 2.0), 7 Berto Mostert/Chané Havenga (2x4-VW Golf 2.0), 33 Wido Bartsch/Raymond Fourie (2x4-VW Polo 2.0).

S3-klas: 96 Michael Kotze/Wayne Rust (2x4-BMW M3), 22 Rolf Pretorius/Katja Pretorius (Buy a Car & Canopy Centre Swakopmund 2x4-Toyota Innova 2.7).

S4-klas: 2 Allan Martin/Maretha Olivier (J&P Hydraulics 4x4-Skoda R5 1.6T), 77 Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (PZN Panelbeaters 4x4-Ford Fiesta R5 1.6T).

CR1-klas: 919 Rian Kritzinger/Ian Stander (2x4-Nissan NP300 V8-Lexus 4.0), 84 Loic Bathfield/Johan Steyn (African Gas Solutions 2x4-Century Racing CR6 V8-Chevy LS7), 215 E. Eisenberg/Rassie Rietz (M&Z Motors 2x4-JAC V8-Lexus 4.0), 63 Marius van Zyl/Jacky van Zyl (2x4-Ford Courier V6 3.0), 999 Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (2x4-Toyota Hilux V8-Lexus 4.0).

CR2-klas: 40 Gert Liebenberg/Johan Thiart (Hardap Freight Services 4x4-Tata V8-Lexus 4.7), 33 Werner Bartsch/Christel Fourie (4x4-Ford Courier V6 3.0).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!