Nairobi lek lippe vir Mboma teen Fraser-Pryce
Atletiek
Die verwagte kragmeting môre tussen Namibië se Christine Mboma en Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika het Nairobi en die atletiekwêreld in rep en roer.
Die derde weergawe van die Kip Keino Classic-atletiekbyeenkoms in Kenia se hoofstad sal môre wemel van 2020 Olimpiese en topklas-atlete, insluitend Mboma.
Vir dié Goue Kontinentale Toerbyeenkoms van Wêreldatletiek sal die Internasionale Moi Kasarani-stadion, sal nie weer soos verlede jaar dolleeg wees nie, maar 100 persent van sy kapasiteit toelaat wanneer die room van wêreld- en Afrika-atletiek skouers skuur.
Indien die program genoeg hersteltyd tussen die 100 en 200 m-naellope toelaat (beswaarlik 70 minute), sal Mboma dalk vir beide items in die wegspringblokke sak.
Mboma (19 jaar) is puik op dreef met wettige seisoenbeste (SB) tye van 10.97 sekondes in die 100 en 21.87 in die 200 wat sy verlede Saterdag op ’n nat baan in Gaborone aangeteken het.
Die deurwinterde Jamaikaanse buksblits, Fraser-Pryce (35) het vanjaar nog nie amptelik die 100 gehardloop nie. Sy het wel laasjaar met ’n 10.60 die atletiekwêreld op hol gehad. Sy sal net aan die 100 deelneem.
Dit is jammer dat Nigerië se 19-jarige Favour Ofili nie in Nairobi sal wees nie. Sy het vanjaar reeds die 100 in 10.93 (tans die vierde vinnigste ter wêreld dié seisoen) en die 200 in 21.96 kafgedraf. Ofili is tans in die VSA.
Ander atlete wat vir die 100 ingeskryf is, is Shannon Ray (26) van die VSA (SB 11.24), Maximilla Imali (26) van Kenia (SB 11.70), Bassant Hemida (25) van Egipte (SB 11.14 in 2021), Rani Rosius (22) van België (SB 11.33 in 2021), Patrizia van der Weken (22) van Luxemburg (SB 11.50 in 2021) en die 27-jarige Amerikaner Javianne Oliver (SB 11.34).
VROUE IN DIE 200
Aminatou Seyni (25) van Niger (SB 22.54 in 2021), Gina Bass (27) van Gambië (SB 22.62 in 2021), Rhoda Njobvu (28) van Zambië (SB 23.09), Dezerea Bryant (29) van die VSA (SB 23.18), Shirley Nekhubui (21) vd RSA (SB 23.19), Millicent Ndoro (35) van Kenia (SB 23.92 in 2016) en Imke Vervaet (29) van België (SB 23.47).
Die 100 vir mans beloof ewe veel vuurwerke. Marcell Jacobs (27) van Italië is die 2020 Olimpiese 100-kampioen (9.80 in Tokio) asook die 2022 binnenshuise 60 m-wêreldkampioen met 6.41.
Jacobs, Fred Kerley (26) van die VSA (SB 9.90) en die plaaslike held Ferdinand Omanyala (26) gaan mekaar lekker aanjaag. Omanyala is die Afrika-rekordhouer (9.77) en sy seisoensbeste (9.98) het hy onlangs in die RSA behaal.
Henrico Bruintjies (28) van die RSA (SB 10.16), Filippo Tortu (23) van Italië (PB 9.99) en die 31-jarige Emmanuel Matadi van Liberië (SB 10.10) word ook teen die VSA se drietal Mike Rodgers (37, SB 10.19), Isiah Young (32, SB 10.17) en Kenny Bednarek (23, SB 10.19) opgeweeg.
MBOMA VERSUS FRASER-PRYCE
Fracer-Pryce is ’n driemalige Olimpiese kampioen (2008, 2012, 2021) met drie goue, vier silwer- en een brons. Sy het in 2009, 2013, 2015 en 2019 se wêreldkampioenskappe nege goue en twee silwermedaljes ingesamel.
Mboma het verlede jaar silwer in Tokio by die Olimpiese Spele verwerf en sy is die o.20-wêreldkampioen in die 200 en o.20-wêreldrekordhouer . Sy is ook die 2021 Diamantliga-kampioen in die 200. Sover in 2022 is sy die vinnigste vrou oor 200 en agtste op die 100 se lys.
Met Fraser-Pryce langs haar kan Mboma môre haar internasionale posisie in die 100 verstewig. Al eindig sy tweede, kan sy haar 9.97 oortref en vir Ofili as die vinnigste vrou van Afrika oorskadu. Sy het in Gaborone 9.97 behaal sonder dat sy gejaag is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie