Nakathila wil in Vegas sy kleim afsteek

Boks
Die ambisies van die Namibiër en die Amerikaner bots, met baie op die spel in die liggewigklas.
Andrew Poolman
Die Namibiese aanspraakmaker Jeremia Nakathila (23-2, 19 uitklophoue) is van voornemens om sy naam op die voorgrond van die geselskap in die liggewigklas te hou in sy geveg oor 10 rondtes Saterdagaand by die MGM Grand in Las Vegas.

In sy pad staan die jonger, onoorwonne Amerikaanse vooruitsig Raymond “Danger” Muratalla (17-0, 14 uitklophoue)

Die twee is op die voorprogram vir die hoofgeveg om die onbstrede liggewig wêreldtitelgeveg tussen Devin “The Dream” Haney (29-0, 15 uiteklophoue) wat sy kampioengordels teen die Oekraïne se voormalige wêreldkampioen in drie gewigsklasse, Vasiliy Lomachenko (17-2, 11 uitklophoue) op die spel plaas.

By die nuuskonferensie is Las Vegas het Nakathila gesê: “Ek kan nie wag vir Saterdagaand om my ding te doen nie. Ek is opgewonde om hier te wees. Ons sien daarna uit om ons kleim af te steek.

“Die laaste keer dat ek in Las Vegas was, kon julle almal sien wat ek met Miguel Berchelt gedoen het (uitgeslaan in ses rondes, in Maart 2022).

“Ek het gesien Muratalla het my op sosiale media uitgedaag, maar ek is hier om te wys hy kan nie hanteer waarvoor hy gevra het nie.”

Muratalla sê: “Ek is gereed om ’n kampioen te wees. Ek is gereed om dit aan almal te wys. Ons het hard gewerk.”

Hy is oor sy laaste geveg uitgevra, waarin hy Humberto Galinod in die negende ronde met ’n lyfhou uitgeslaan het.

“Ek het nie soos gewoonlik goed opgewarm nie en toe word ek in die eerste ronde platgeslaan. Maar ek het opgestaan en die geveg met ’n uitklophou gewen.

“Ek is gereed vir enigiemand. Om die beste te wees, moet jy deur hierdie mense beweeg. Ek probeer maar net bo uitkom. Ek het Saterdag besigheid om af te handel.”

Nakathila het tevore gehoop dat sy puik uitklopsege teen die gewese kampioen Berchelt tot groter dinge sou aanleiding gee, maar meer as ’n jaar het intussen verloop. Volgens die Namibiër is die groot name in die gewigsklas maar skrikkerig vir sy uitkloprekord.

Waarnemers reken beide Nakathila en die Amerikaner beskik oor genoeg slaankrag om te verseker dat die geveg moeilik voorspelbaar is en waarskynlik nie die volle tien rondes sal duur nie, asook dat die wenner sy aandele betekenisvol sal laat styg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!