Damian da Silva en Tiaan Smit. Foto Damian da Silva/Facebook
Damian da Silva en Tiaan Smit. Foto Damian da Silva/Facebook

Namibiër spog met topprestasie

Gholf
Tielman Van Lill
Damian da Silva (23) het die afgelope naweek in Benoni, Gauteng, by die Grasslands-gholfbaan aan die langgholfdryfhoufinaal van die Gridpro Suid-Afrikaanse professionele en amateurkampioenskap deelgeneem.

Hy het tweede plek in beide afdelings behaal.

In die amateurafdeling het Tiaan Smit met 341.9 meter die Suid-Afrikaanse kampioenskap opgeraap teenoor Da Silva se 334.9 meter.

Weens sy prestasies in die Gridpro-reeks gedurende 2022, het Da Silva op meriete algeheel tweede geëindig met Wade Dick eerste en Chris Harmse derde.

Da Silva het aan Republikein gesê: “Ná die amateurkampioenskap Sondag afgehandel is, het die organiseerders my genader en gevra of ek professioneel wil word. Ek het onmiddellik ja gesê en kon as professionele langdryfhouspeler aan my eerste amptelike kompetisie deelneem.

“Dit was ongure weer en ons het almal ’n bietjie gesukkel. Ek het onlangs my swaai verander en dit het my gedurende die kompetisie aan die hakskeen gebyt. Ek het toe op my ou swaai staatgemaak, wat gehelp het.

“Ons seisoen is nou iets van die verlede en ek sal eers vroeg in Februarie in Suid-Afrika begin deelneem. Die Wêreldkampioenskap sal moontlik weer in Oktober in Nevada aangebied word. Intussen gaan ek aandag aan Damian’s Sports Academy in Namibië gee waar ek gholflesse by Omeya, Rössmund, Walvisbaai en Windhoek aanbied.

“Gholf moet ontwikkel word en kinders is hoog op my lys.

Da Silva met 342.6 m is in die laaste ronde deur Campbell McMillian van Zimbabwe met 355.3 m in die professionele afdeling geklop.

Vir meer inligting kan Da Silva by 081 792 1059 of [email protected] gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!