Namibiër wen Amashova Durban Classic
Padfietsry
Die gebore Windhoeker Marc Pritzen het met nog ’n betekenisvolle oorwinning sy aansien as padfietsryer verder laat klim.
Die 23-jarige beroepsjaer van die Honeycomb-span het Sondag die Amashova Durban Classic gewen – ’n byeenkoms in sy 36ste jaar en die oudste eendaagse padfietsresies in Suid-Afrika.
Pritzen het die 106 kilometer vanaf Pietermaritzburg tot in Durban in twee ure 22 minute 20.2 sekondes voltooi en het seëvierend met uitgestrekte arms oor die eindstreep buite die Moses Mabhida-sokkerstadion gejaag.
Hy het strawwe teenstand van Travis Stedman in 2:22:20.42 en Eric Kros in 2:22:20,45 te bowe gekom.
Pritzen het agterna gesê dit was ’n wonderlike gevoel om die eindstreep eerste oor te steek. Hy het lof uitgespreek vir sy spanmaats sy bydrae tot sy oorwinning, asook vir die organiseerders, wat die ganse hoofpad waarop die Comrades ultra-marathon ook jaarliks beslis word, net tot die fietsryers se beskikking gestel het.
Kros het gesê dit was die klimgedeeltes teen die Vallei van Duisend Heuwels uit wat hom en die voorlopergroep van die res van die kompetisie onderskei het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie