Namibiërs (en die wêreld) maak reg vir Le Jol

Twee dae om te gaan
Namibië sal Saterdag 13:00 teen Italië uitdraf vir hulle eerste wedstryd by die wêreldbeker en die twee wedstryd vir die toernooi.
Kristien Kruger
Kristien Kruger - Namibiese rugbyondersteuners is besig om reg te skuif vir die afskop van die Rugbywêreldbekertoernooi Vrydag in Frankryk, met Namibië wat Saterdag in die tweede wedstryd van die toernooi teen Italië uitdraf. In die openingswedstryd pak die gedugte All Blacks die gasheerland Vrydag om 21:15 in die Stade De France in Saint Denice, terwyl Namibië Saterdag om 13:00 in die Stade Geoffroy Guichard in Saint Étienne teen Italië te staan kom. Die Namibiese spelers het verlede week in Frankryk aangekom en is goed ontvang in Aix-Les-Bains wat hul basis vir die volgende maand sal wees. Ná 'n vlug in eersteklas van Windhoek na die Franse hoofstad Parys en 'n kort reis met ’n sneltrein en luukse bus, het die span in drie groepe by hul blyplek ingeboek. Buiten vir talle geskenke en ballonne in die Namibiese kleure wat vir hulle by hul hotel gewag het, is 'n spesiale verwelkomingseremonie ook die volgende dag vir die span gehou. Dit is deur talle plaaslike ondersteuners bygewoon en die spelers het elk 'n Rugbywêreldbeker-pet en - medalje ontvang. Die Namibiërs is tans hard aan die oefen en voorberei vir hul komende wedstryde met daaglikse sessies op die veld en in die gimnasium. Vandag het die span 'n rusdag gehad en môre vertrek die spelers na Saint-Étienne wat gasheer is vir hul wedstryd teen Italië. Ses dae later (Vrydag 15 September) tree die Namibiërs in Toulouse aan vir hul wedstryd teen die All Blacks wat om 21:00 afskop. Vir die span se derde wedstryd reis hulle na Marseille waar hulle Donderdag 21 September om 21:00 teen Frankryk speel en hul laaste wedstryd teen Uruguay is Woensdag 27 September in Lyon met afskoptyd om 17:45.

Hoewel die span onlangs in hul voorbereiding teen Uruguay die knie moes buig, is afrigter Allister Coetzee hoopvol dat die Namibiërs die keer as oorwinnaars uit die stryd sal tree. Indien die Namibiërs wel in die wedstryd koning kraai, sal die span geskiedenis maak met 'n eerste oorwinning in 'n Rugbywêreldbekertoernooi.

Slegs 31 van die 33 spelers is aanvanklik aangekondig, met Orbert Nortje en Haitembu Shikufa wat voor die span se vertrek by hulle aangesluit het. Nà ’n dyspier-besering tydens die wedstryd teen die Blou Bulle in Windhoek, moes Chad Plato sy Wêreldbekerplanne opsy skuif en is hy vervang deur Helarius Kisting wat as die 33ste speler Frankryk toe is. Die span wat Saterdag teen Italië opdraf, sal na verwagting teen Vrydag bekendgemaak word.–[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!