Namibiërs ry sterk in die Wes-Kaap
Bergfietsry
Namibië se kampioen-bergfietsryer Alex Miller en sy Suid-Afrikaanse spanmaat Philip Buys het laas naweek die Wines to Whales Shiraz-toer in die Wes-Kaap algeheel derde op die algemene klassifikasie afgesluit.
Miller en Buys, wat professioneel vir Team Pyga Euro Steel ry, het ’n vasberade eindpoging op die laaste dag van die driedaagse skofwedren aangewend.
Hulle was die vroeë voorlopers in die derde en laaste skof en is uiteindelik net geklop deur die hoog aangeskrewe Cannondale Factory Racing-span – Alan Hatherly van Suid-Afrika en Simon Andreassen van Denemarke.
Miller en Buys se totale tyd oor die drie dae (ses ure 42 minute 28 sekondes) was sowat agt minute ná die toerwenners Hatherly en Andreassen. Algeheel tweede was die RSA se Marco Joubert en Wessel Botha.
Die Switserse ryer Konny Looser, wat in Namibië bekend is vir sy string seges in die Nedbank Desert Dash en ook lid van 2022 se Wines to Whales wenspan was, en sy landgenoot Felix Stehli het die Shiraz manstoer in die algehele vyfde plek afgesluit, met ’n tydverskil van 19 minute.
Die Windhoekse tweelingbroers André Vermeulen en Braam Vermeulen (2 Manwolfpack) was algeheel 24ste en in die vyfde posisie uit 163 amateur-manspanne.
Nog ’n Namibiese broerpaar, Jurgen Sander en Stefan Sander (Sanderstruck), was 21ste van die amateurmans en algeheel 50ste.
Die grootmeesterspaar van Frank Snyman en Piet Swiegers (Tshiba Namibia) was vierde in hul kategorie (algeheel 64ste).
Monique du Plessis en haar pa Nick (Cymot Mixed) was algeheel 78ste oor die wenstreep en in die sesde plek van die gemengde spanne.
CHARDONNAY
In die eerste gedeelte van die Wines to Whales (Chardonnay, 20-22 Oktober) was die voorste Namibiese spanne soos volg:
9de Team Cathy, Jaco Snyman en Jacques van Zyl, 9 ure 39 minute (derde amateur-manspan).
17de Off Road Eggs, Marcel Surén en Greg Chase, 10 ure 04 minute (vierde van die meestersmans).
28ste Team Pereira, Jeanne Heunis en Genevieve Weber, 10 ure 23 minute (eerste van die meestersvroue).
Vera Looser en haar Suid-Afrikaanse spanmaat Mariske Strauss was goed geplaas tot naby die eindstreep van die tweede skof, waar Looser geval en haar hand gebreek het en dus moes onttrek.
PINOTAGE
In die tweede gedeelte van die toer (Pinotage, 23-25 Oktober) was die voorste Namibiërs soos volg:
5de algeheel en eerste grootmeesterspan, Desert Rats, Stefan Bohlke en Hans du Toit, 10 ure 03 minute.
19de algeheel en agtste van die amateurs, The Other Guys, Tristan de Lange en Aidan de Lange, 11 ure 25 minute.
22ste (9de van die amateurs), The Market Place, Jandre Cornelissen en André Cornelissen, 11 ure 36 minute.
28ste, Comebackers, Archie Graham en Fana Lambert, 11 ure 40 minute.
32ste (vyfde van die gemengde spanne), Yes Dear, Ian Grassow en Elanor Grassow, 11 ure 51 minute.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie