Nande hou pas vol en wen Swakop Ope

Gholf
Andrew Poolman
Likius Nande het uiteindelik met ’n gemaklike verskil van sewe houe die Swakop Ope gholftoernooi gewen wat Saterdag en Sondag by die Rössmund-klub buite Swakopmund aangebied is.

Standard Bank was vir die vierde opeenvolgende jaar die hoofborg van die toernooi wat punte vir die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) se merietelys tel.

’n Stewige veld van 64 spelers van al die vernaamste klubs in die land het deelgeneem. Saterdagoggend was die toestande aanvanklik mistig, maar het warmer geword namate die dag gevorder het.

Neil Theron het goed uit die blokke gekom om die eerste 18 putjies met twee-onder-syfer 70 in die voorste posisie af te sluit. Twee houe agter hom was Stefanus Bonifatius en die 15-jarige junior Kyle Johnson, met Nande en die verdedigende kampioen Kevin Wentzel beide op 73.

In die tweede baanrondte het die hitte ’n faktor geword en net Nande kon sy voet op die pedaal hou met 73 houe, wat hom die oornagvoorsprong met een hou voor Johnson en Bonifatius besorg het.

In die vrouekompetisie was Wilna Bredenhann reeds met tien houe voor die res.

Sondag se weer was gunstig vir gholf en almal was terug in die klubhuis voor die wind te sterk geraak het. Bredenhann het haar vrouetitel suksesvol verdedig en Neil Theron was opnuut sterk in die prentjie met 224 bruto. Hy behoort ’n faktor te wees sodra sy status as amateurspeler weer herstel is.

Die organiseerders bedank Standard Bank vir sy volgehoue ondersteuning, asook die deelnemende spelers en elkeen wat agter die skerms gewerk het. Rössmund sien daarna uit om almal in Mei weer by die FNB Namibiese Ope te sien.

Die voorste uitslae:

Algeheel beste bruto: 1 Likius Nande (kampioen) 215; 2 Kyle Johnson junior 222.

Algeheel beste netto: 1 Dennis Haimbondi 216; 2 Stefanus Bonifatius 217.

A-afdeling beste bruto: 1 Elias Mulombwelwa 229; 2 Kevin Wentzel 232. A-afdeling beste netto: 1 Hans Naobeb 218; 2 Mario Polster 222.

B-afdeling beste bruto: 1 Steven Johns 253 (uittel); 2 Johannes Amutenya 253. B-afdeling beste netto: 1 Helmut Ndjendja 218; 2 George Murasiki 222.

C-afdeling beste bruto: 1 Mark Jacobs 169; 2 Clive Lawrence 177. C-afdeling beste netto: 1 Lesley Neib 136; 2 Sebulon Tsuseb 147.

VROUE algehele kampioen: 1 Wilna Bredenhann 172; 2 Suene du Plooy 195.

Vroue beste netto: 1 Heidi van Niekerk 149; 2 Tiekie de Wet 154 (uittel).

Stableford-wenner: 1 Emery Maboh (71 punte); 2 Francois le Roux 70).

Kommentaar

Republikein 2025-01-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 24° | 36° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 23° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 22° | 39° Aranos: 25° | 38° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 20° | 26° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!