Likius Nande (algehele wenner), Anja Wessels (vrouewenner) en Riaan Liebenberg (senior wenner) ná die Windhoek Lager Omeya Ope. Foto verskaf
Likius Nande (algehele wenner), Anja Wessels (vrouewenner) en Riaan Liebenberg (senior wenner) ná die Windhoek Lager Omeya Ope. Foto verskaf

Nande onstuitbaar in Omeya Ope

Gholf
Altesame 109 spelers het laas naweek aan die 2023 Omeya Ope deelgeneem.

Die toernooi, geborg deur Windhoek Lager, tel vir spelers punte op die merietelys van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu).

Die speeltoestande was redelik moeilik met ’n baie warm naweek. Likius Nande het Saterdag ’n uitmuntende rondte gespeel en op agt houe minder as baansyfer geëindig. Sondag het hy hierop voortgebou en die titel verower met ’n totale telling van 11 onder syfer.

Riaan Liebenberg het ’n konstante twee rondtes gehandhaaf en die Senior Ope titel verower. Anja Wessels het Sondag met ’n goeie rondte verby die voorloper geskuif en die Ope vrouetitel verower.

Die organiseerders bedank Windhoek Lager vir hul ondersteuning van die Omeya Ope.

Die voorste uitslae:

Algeheel beste bruto (kampioen): 1 Likius Nande (133), 2 Francois Hanekom (140).

Algeheel beste netto: 1 Stefanus Bonifatius (136), 2 John Zhang (139).

A-afdeling beste bruto: 1 Edwin Kutara (144), 2 Morné Engelbrecht (146), 3 Brendan Britton (148).

A-afdeling beste netto: 1 Frikkie le Grange (141), 2 Walter Heibeb (142), 3 Elias Mulombwelwa (144).

B-afdeling beste bruto: 1 Sakkie Matheus (162), 2 Willie van Zyl (162), 3 Eric Verburg (163).

Vroue beste bruto: 1 Anja Wessels (158), 2 Wilmari Woest (160).

Vroue beste netto: 1 Leani Engelbrecht (138), 2 Min Deng (140).

• Die Windhoek Gholfklub bied komende Saterdag en Sondag sy jaarlikse klubkampioenskap aan wat oor 36 putjies beslis word.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!