Napso-skouspel behoort te gons

Skole-atletiek
Die suidedorp Keetmanshoop verwelkom deelnemers van alle uithoeke.
Andrew Poolman
Die blootstelling wat vroeg in die seisoen in ’n goed gereëlde kompetisie aan die nagenoeg 1 000 atlete by die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) se atletiekskouspel gebied word, behoort vir hulle van groot waarde te wees.

Die tweedaagse skouspel aangebied deur Keetmanshoop Privaatskool (vandag van 09:00 tot 20:25 en môre vanaf 08:00 tot 17:00) sal van die begin tot einde regstreeks op Network TV (DStv kanaal 285) asook op die Facebook-blad van My Zone gebeeldsend word.

Die landwye byeenkoms van ’n geskatte meer as 2 000 mense na die ||Kharasstreek behoort tot verskeie uitstaande vertonings in die baan- en velditems in verskeie ouderdomsgroepe aanleiding te gee.

Sestien skole sal meeding in die eerste Napso-atletiekbyeenkoms in 18 jaar wat by ’n skool aangebied word wat nie aan die kusstreek geleë is nie.

Vir die twee dae op Keetmanshoop het vier van die noorde se skole (Tsumeb Gymnasium, Edugate van Otjiwarongo, Moria van Outjo en Berg-Op van Okahandja) die lang reis aangepak.

Die Erongostreek se talent van Pro-Ed Akademie, Walvisbaai Primêre Skool, Walvisbaai Privaatskool, Walvis Bay Internasionale Skool en Swakopmund Privaatskool sal op vertoon wees.

Uit Khomasstreek is Windhoek Affies altyd ’n faktor, met Gobabis Gimnasium van Omaheke en ’n span van die aanlyn Axis Home School ook in die kompetisie.

Uit die suidelike helfte van die land is die gasheer Keetmanshoop Privaatskool, Elnatan (Stampriet), Excelsior (Aroab) en Aussenkehr Akademie.

Sedert die ontstaan in 2002 toe Elnatan en Moria begin meeding het, het die Napso-tradisie vinnig momentum gekry met reeds twaalf skole wat drie jaar later aangegroei het.

Die hoofborge van Napso-atletiek soos Securitas (18 jaar), Coca-Cola (14 jaar), Nictus Holdings (11 jaar), Spar en Build-It (beide nege jaar) het reeds ’n betekenisvolle nalatenskap opgebou met die aansluiting van Standard Bank (een jaar) en verskeie aanvullende vennote.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!