Narib, Hainuca dring deur na Mauritius

Atletiek
Twee mansnaellopers het Saterdag in Windhoek vir die Afrika-kampioenskap gekwalifiseer.
Andrew Poolman
Vir ambisieuse baan- en veldatlete van klubs in die sentrale streek was Saterdag se Khomas streekkampioenskap ’n goeie oefenlopie om hulle op die naderende nasionale kampioenskap voor te berei.

Hoewel net sommige items met werklike kompetisie gelaai was, was daar tog goeie vertonings wat die belofte van kwalifisering vir groter buitelandse deelname ingehou het.

Die naellopers Gilbert Hainuca (100 meter) en Ernst Narib (200 meter) het deurgedring om in Junie by die senior Afrika-kampioenskap in Mauritius te gaan aantree.

Hainuca het sy uitdun effens vinniger as die finaal gehardloop (10.33 en 10.37), maar beide tye was goed genoeg vir Mauritius.

Die gesoute Narib het in die 200 meter gerieflik onder sterk naellopers soos Mahmad Bock en Even Tjiviju uitgenael. In een van sy eerste betekenisvolle kompetisiedeelnames hierdie seisoen het die 31-jarige Narib agterna erken dat hy die elektroniese horlosie dopgehou het en straks te vroeg begin feesvier het, wat hom ’n nog vinniger tyd kon laat opstel het.

“Ek wil graag vir die Statebondspele (in Birmingham) kwalifiseer, maar ek is bly ek het minstens tot die Afrika-kampioenskap deurgedring,” het Narib gesê, wie se persoonlike beste van 20.62 in April verlede jaar in Lusaka opgestel is.

Helalia Johannes, die land se driemalige Olimpiese marathonatleet, het as deel van haar spoedoefening vir die 5000 meter ingeskryf, waar haar wentyd van 15 minute 53.44 inderdaad ook die Afrika-kampioenskap se kwalifiserende merk bereik het.

Die 400 meter vir mans was ewe kompeterend, met die belowende jong André Retief wat in ’n goeie tyd van 46.91 voor Warren Goreseb, Mahmad Bock en Narib klaargemaak het.

Een van Windhoek Gimnasium se sterre, Tuané Silver, het in die gewigstoot met 14.19 meter ’n bietjie kort geval van die nuwe nasionale rekord wat sy verlede maand in Pretoria opgestel het (15.24), maar die vertoning het haar nie erg gepla nie.

“My regterhand is ’n bietjie gevoelig nadat ek in ’n netbalwedstryd met die bal getref is, maar dit sal binnekort weer heeltemal reg wees,” sê die matriekmeisie wat reeds môre weer in die NSSU Khomas streekkampioenskap vir skole in aksie sal wees. Silver het met haar gooi in Pretoria ook tot die o.20-wêreldkampioenskap in Colombia deurgedring.

Atletiek Namibië se senior nasionale kampioenskap is vir 2 en 3 April in Windhoek of Swakopmund geskeduleer, met die Namibiese Skolesportunie se nasionale kampioenskap drie naweke later in Windhoek.

“Dit was belangrik en verblydend dat ons Saterdag ’n goeie standaard van kompetisie gesien het,” sê Letu Hamhola, die byeenkomsdirekteur en voorsitter van Khomas-atletiek.

Saterdag se voorste uitslae was soos volg:

VROUE

100 meter: 1 Johanna Ludgerus (Korrektiewe Dienste, 12.21), 2 Hanganeni Fikunawa (Unam, 12.35), 3 Jade Nangula (Unam) 12.69.

200 meter: 1 Nandi Vass (Unam, 25.18), 2 Jade Nangula (Unam, 26.05), 3 Cornelia Goreses (Unam, 26.46).

400 meter: 1 Nandi Vass (Unam, 57.92), 2 Johanna Ludgerus (Korrektiewe Dienste, 58.43), 3 Kaekua Hengua (Namib Lions, 59.99).

800 meter: 1 Salmi Nduviteko (Nampol, 2:16.16), 2 Taina Amunkete (Namib Lions, 2:48.95), 3 Angela Diergaardt (Tumella, 3:43.58).

1500 meter: 1 Pamela Vurayai (Unam, 5:49.10), 2 Selma Stefanus (Korrektiewe Dienste, 6:32.51), 3 Angela Diergaardt (Tumella, 8:35.48).

5000 meter: 1 Helalia Johannes (NDF, 15:53.44), 2 Indileni Mweshanekange (Korrektiewe Dienste, 20:40.06), 3 Pamela Vurayai (Unam, 22:39.90).

100 m hekkies: 1 Alessandra Kaura (Triomf, 15.86), 2 Kleshy Ngonga, Tumella, 21.40).

400 m hekkies: 1 Cira de Wet (Whk Gimnasium, 1:11.14).

4x100 aflos: 1 Unam 48.78 (Cornelia Goreses, Hanganeni Fikunawa, Jade Nangula, Nandi Vass), 2 Namib Lions 52.12, 3 Right Way 54.80.

Hoogspring: 1 Chantelle van den Berg (QSB, 1.55m), 2 Ané de Bruin (Windhoek Gimnasium, 1.55).

Driesprong: 1 Frieda Iithete (Unam, 11.87m).

Gewigstoot: 1 Tuané Silver (Whk Gimnasium, 14.19m), 2 Alma Samuel (Namib Lions, 8.36m), 3 Estomi Katjijova (Nampol, 7.76m).

Diskusgooi: 1 Tuané Silver (Whk Gimnasium, 44.32m), 2 Cira de Wet (Whk Gimnasium, 31.82m), 3 Estomi Katjijova (Nampol, 20.40m).

Spiesgooi: 1 Samira Diergaardt (Triomf, 29.05m), 2 Estomi Katjijova (Nampol, 21.89m), 3 Helena Iipinge (NDF, 21.76m).

MANS

100 meter: 1 Gilbert Hainuca, NUST Welwitchia 77, 10.37), 2 Even Tjiviju (Korrektiewe Dienste, 10.62), 3 Anthony Vries (Golden Cheetah, 10.63).

200 meter: 1 Ernst Narib (Golden Cheetah, 21.14), 2 Mahmad Bock (Unam, 21.36), 3 Even Tjiviju (Korrektiewe Dienste, 21.41).

400 meter: 1 André Retief (QSB, 46.91), 2 Warren Goreseb (Unam, 47.08), 3 Mahmad Bock (Unam, 47.10), 4 Ernst Narib (Golden Cheetah, 47.45).

800 meter: 1 Daniel Nghipandulwa (Nampol, 1:55.51), 2 Thomas Shigwedha (Korrektiewe Dienste, 1:55.80), 3 Roodly Gowaseb (rolstoel, Namib Lions, 1:57.83).

1500 meter: 1 Roodly Gowaseb (rolstoel, Namib Lions, 3:55.95), 2 Wilhem Hangula (NDF, 3:56.77), 3 Thomas Shigwedha (Korrektiewe Dienste, 3:57.43).

5000 meter: 1 Roodly Gowaseb (rolstoel, Namib Lions, 13:48.01), 2 Paulus Daniel (Korrektiewe Dienste, 14:31.34), 3 Thomas Rainhold (Korrektiewe Dienste, 15:08.78).

400 m hekkies: 1 André Retief (QSB, 55.62), 2 Venomukona Kaputuaza (Namib Lions, 1:03.07).

4x100 aflos: 1 Unam A 41.00 (Mahmad Bock, Warren Goreseb, Festus Kandiba, Onesmus Nekundi), 2 Namib Lions A 42.18, 3 Golden Cheetah A 44.84.

4x400 gemengde aflos: 1 Unam-A 3:41.83 (Mahmad Bock, Warren Goreseb, Nandi Vass, Hanganeni Fikunawa), 2 Unam-B 3:47.28, 3 Unam-C 3:59.41.

Hoogspring: 1 Wencuslaus Klaasman (Nampol, 2.10m), 2 Karsten Diergaardt (QSB, 2.00m), 3 Muhenje Tuepuee (Unam, 1.90m).

Verspring: 1 Sandro Diergaardt (Nampol, 7.35m), 2 Ayanda Chimanhangwa (Golden Cheetah 6.70m), 3 Jose Kalimba (Tumella, 5.75m).

Gewigstoot: 1 Coenraad Kuhn (QSB, 14.95m), 2 Reginald Benade (Paralimpiër, QSB, 10.57m), 3 Hope Katjihingua (Unam, 8.98m).

Diskusgooi: 1 Coenraad Kuhn (QSB, 40.00m), 2 Simon Shihepo (F37 Paralimpiër, Namib Lions, 29.57m), 3 Reginald Benade (Paralimpiër, QSB, 29.42m).

Spiesgooi: 1 Jasper Engelbrecht (QSB, 60.21m), 2 Dirk Theunissen (Whk Gimnasium, 57.38m), 3 David Ndeilenga (Korrektiewe Dienste, 45.35m).

PARALIMPIËRS

Vroue T11-klas 100 meter: 1 Lahja Ishitile (Namib Lions, 13.09).

Mans T11-klas 100 meter: 1 Ananias Shikongo (NUST Welwitchia 77, 11.32), 2 Chris Kinda (Namib Lions, 11.72), 3 Immanuel Bernado (NUST Welwitchia 77, 11.96).

Mans T11-klas 400 meter: 1 Ananias Shikongo (NUST Welwitchia 77, 52.22), 2 Chris Kinda (Namib Lions, 52.38).

Kommentaar

Republikein 2025-01-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!