Xander Skinner in ’n oefensessie in Birmingham voor sy kompetisie by die Statebondspele. Foto Hesron Kapanga, Nampa
Xander Skinner in ’n oefensessie in Birmingham voor sy kompetisie by die Statebondspele. Foto Hesron Kapanga, Nampa

Nasfed trots om weer by Spele te wees

Swem
Ná ’n afwesigheid van bykans 20 jaar het die Namibiese Swemfederasie (Nasfed), onder leiding van die president, me. Aileen Botha, vanjaar daarin geslaag om swemmers as lede van die nasionale span na die pas afgelope Statebondspele in Birmingham te verseker.

Alhoewel die swemmers nie ingevolge die tradisionele kriteria (minstens ’n Olimpiese B-kwalifiserende tyd) deurgedring het nie, is Nasfed deur die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) die voorreg gegee om twee swemmers, Xander Skinner (24) en Ronan Wantenaar (21) na die 2022 Statebondspele te stuur.

Beide hierdie swemmers, deur hul harde werk en vele ure in die swembad, het tydens die Spele sterk prestasies gelewer waarop NasFed baie trots is.

Beide het met persoonlike beste tye nuwe Namibiee nasionale rekords opgestel. Skinner, in sy 100 meter vryslag, het die rekord tot 50.06 sekondes verbeter, terwyl Wantenaar die nuwe nasionale beste merk in die 50 borsslag tot 28.27 gesnoei het.

Nasfed spreek sy dank uit aan die NNOK vir sy bystand en ondersteuning om die swemmers as as deel van die Namibiese span na die 2022 Statebondspele in te sluit, asook vir hul volgehoue bystand om swem in Namibië tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!