Foto Brian Munango.
Foto Brian Munango.

Nasietrots bots by stadion

Andrew Poolman
Die rugbykapteins van Namibië en Portugal het gemoedelik ontmoet by ‘n spesiale geselligheid in die opbou na Saterdag se toetswedstryd in die Hage Geingob-stadion – die eerste tuistoets in ses lang rugbyseisoene vir plaaslike ondersteuners. Die flank Prince !Gaoseb is vir die eerste keer as Namibië se toetskaptein aangewys, terwyl Portugal net soos by verlede jaar se Wêreldbekertoernooi onder kapteinskap van die binnesenter Tomás Appleton is. Op papier het die Portugese vele faktore wat in hul guns wys – insluitend die beter posisie op die wêreldranglys (16de teen 23ste), onlangse puik vertonings by die 2023 Wêreldbeker wat ‘n oorwinning teen Fidji en gelykopwedstryd teen Georgië ingesluit het, asook die langer voorbereiding waarmee hulle die afgelope maande besig was vir hul toets teen die Springbokke in Bloemfontein op 20 Julie. !Gaoseb en sy manne is nietemin oorgehaal om die geleentheid vir die Europese besoekers sommer vuurwarm te maak. Lees meer in Sport Wrap binne. Foto Brian Munango

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!