Met drie botsings die naweek behoort die Debmarine Namibië Premierliga propvol aksie te wees. Foto Tielman van Lill
Met drie botsings die naweek behoort die Debmarine Namibië Premierliga propvol aksie te wees. Foto Tielman van Lill

Nau-Aib, Unam gashere vir naweek se aksie

Sokker
Tielman Van Lill
Slegs drie sokkerwedstryde van die Debmarine Namibia Premierliga sal die naweek op Okahandja by die Nau-Aib-stadion en in Windhoek by die Unam-stadion gespeel word.

African Stars van Windhoek pak Eleven Arrows van Walvisbaai om drieuur Saterdagmiddag op Okahandja, terwyl Black Africa en Orlando Pirates (beide van Windhoek) sake vanaf 16:00 by Unam gaan uitspook.

Sondag stap Stars om 15:00 by dieselfde venue op Okahandja teen Blue Waters van Walvisbaai op die veld.

Stars is met 13 punte in die derde posisie op die ligaleer en is sekerlik die gunsteling om die kragmeting teen Arrows te wen. Arrows (11de met sewe punte) kon nog net een van hul ses botsings wen en het vier keer gelykop gespeel.

Die kusspan het ses doele aangeteken, en sewe teen hulle. Daarenteen het Starlile nege keer hul opponerende doelwagter geklop en net twee doele is teen hulle behaal. Die Windhoekers het vier van hul vyf kragmetings gewen en in een uitdaging gelykop geëindig.

Blue Waters se bootjie vaar tans in kalm waters. Die span bevind hulle ná ses wedstryde en vier seges (twee gelykop) in die tweede posisie op die punteleer. Die span se verdediging is een van sy sterkste punte. Van al 16 spanne in die kompetisie het Waters saam met Pirates en Unam die tweede minste doele afgestaan (3) en sewe teen die doelnet laat klap.

Stars het die minste afgestaan (2) en sal beslis vrae aan Waters se verdediging rig om ná die naweek se ronde na die tweede posisie op die punteleer op te skuif.

Black Africa se Lively Lions met ’n trotse geskiedenis van 58 jaar, bevind hulle tans in ’n knyptangposisie. BA kon nog net twee gelykop uitslae in ses wedstryde met drie doele bewerkstellig, terwyl nege teen hulle aangeteken is. BA het die destydse Namibiese premierliga tien keer ingepalm en is in 2019 tydens die laaste kompetisie as kampioene gekroon.

Kan Paulus Shipanga, hoofafrigter van BA, se span Saterdag die oorhand teen Orlando Pirates kry? Pirates het self nie te wafers in sy afgelope ses wedstryde gevaar nie. Ten minste het die Seerowers sewe doele aangeteken met drie teen hulle, het twee uitdagings gewen met twee gelykoptellings op hul kerfstok.

Okahandja United met 12 is tans die voorste doelvrate gevolg deur Civics (11) en Julinho Sporting met 10. Altesaam 115 doele is deur die 16 spanne aangeteken.

Young African, BA en Citizens bevind hulle op die oomblik in die rooisone (laaste drie posisies) op die punteleer. Indien dié drie spanne nie hul spel kan verbeter nie, loop hulle die gevaar om aan die einde van die kampioenskap (30 wedstryde) deur klubs in die eerste liga vervang te word.

Spanne kry drie punte vir ’n oorwinning en een vir ’n gelykopuitslag.

PUNTELEER

1 Life Fighters 15 punte (7 wedstryde), 2 Blue Waters 14 (6), 3 African Stars 13 (5), 4 Okahandja United 13 (7), 5 Civics 11 (7) Mighty Gunners 11 (7), Julinho Sporting 11 (7), 8 Orlando Pirates 10 (6), 9 Unam 10 (7), 10 Tura Magic 8 (7), 11 Eleven Arrows 7 (6), 12 Young Brazillians 7 (7), 13 Tigers 5 (7), 14 Young African 5 (7), 15 Black Africa 2 (6), 16 Citizens 1 (7).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!