Vennote ... Die Rugby-unie se uitvoerende hoof John Heynes, die NBL se waarnemende globale bemarkingsbestuurder Claudia Opperman, die NRU se visepresident Christie Windvogel en die NBL se borgskapbestuurder Danie Keulder. FOTO ANDREW POOLMAN
Vennote ... Die Rugby-unie se uitvoerende hoof John Heynes, die NBL se waarnemende globale bemarkingsbestuurder Claudia Opperman, die NRU se visepresident Christie Windvogel en die NBL se borgskapbestuurder Danie Keulder. FOTO ANDREW POOLMAN

NBL staan agter WB-aanslag

Rugby
Andrew Poolman
Die Namibië Rugby Unie (NRU) het die gemoedsrus van sy jarelange hoofborg ontvang voor Rugby Afrika se vinnig naderende Wêreldbeker 2023 kwalifiseringstoernooi vir mans.

Die Namibië Brouerye (NBL) het gister op ’n nuuskonferensie bevestig dat hy tot einde volgende jaar sy finansiële steun aan die nasionale mansrugbyspan sal bied.

Die NBL se betrokkenheid sal begin met die plaaslike span wat gekies is om komende Saterdag in Windhoek teen die besoekende Blou Bulle te speel, wat as die Windhoek Draught Welwitschias bekend sal staan.

Dié vriendskaplike ontmoeting sal dien om vir die nasionale afrigtingspan, onder leiding van Allister Coetzee, die plaaslik gebaseerde spelers uit te wys wat waardig is om oorweeg te word saam met die land se voorste buitelandse beroepspelers wat in Frankryk, Engeland, die VSA en elders speel.

John Heynes, uitvoerende hoof van die NRU, het gesê die nasionale oefengroep sal gekies word vir ’n oefenkamp van drie weke op Stellenbosch, wat vriendskaplike wedstryde teen die Westelike Provinsie, die Universiteit van Stellenbosch en Italië-A sal insluit.

Van 1 tot 10 Julie sal Namibië een van agt Afrika-lande wees wat in Frankryk se Marseille-omgewing sal uitspeel om Rugby Afrika se regstreekse kwalifisering vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi, wat ook in Frankryk aangebied sal word.

Namibië, steeds die hoogste gekeur van die kontinentale aanspraakmakers, sal op die eerste dag teen Burkina Faso te staan kom, voor die halfeindstryd vier dae later teen die wenner tussen Zimbabwe en die Ivoorkus.

Sou hulle na die eindstryd op 10 Julie deurdring, sal Kenia hulle waarskynlik inwag. Die kampioenspan sal sy plek in volgende jaar se Wêreldbeker groep A bespreek saam met die gasheer Frankryk (tans tweede in die wêreld), Nieu-Seeland (derde), Italië (14de) en Uruguay (19de). Die Afrika-naaswenner sal nog ’n geleentheid kry om in ’n finale uitduntoernooi teen die naaswenners van die Amerikas, Europa en Oseanië te kwalifiseer.

Die Namibië Brouerye se waarnemende globale bemarkingsbestuurder Claudia Opperman en borgskapbestuurder Danie Keulder het nie ’n beraamde geldwaarde aan die borgskap verskaf nie, behalwe om te sê die bedrag “sal in lyn wees met ons ander borgskappe op nasionale vlak”.

Opperman het gesê: “NBL het onder die Windhoek Draught-handelsmerk ’n jarelange verhouding met Namibiese rugby opgebou en ons wil ons daartoe verbind om hierdie verhouding vir die komende jaar voort te sit. Ons wil die oefenkamp moontlik maak, asook die kwalifiserende toernooi en natuurlik die voorbereiding vir die 2023 Wêreldbeker.”

Die NRU se visepresident vir bestuursake, Christie Windvogel, het gesê die beheerliggaam is baie geëerd en waardeer die NBL se vrygewigheid. “Dis borge soos julle wat ons toelaat om ons missie na te streef.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A