Nedbank woeker vir gemeenskap
Gholf
Die Nedbank for Autism-gholfreeks wat in net drie jaar van sy bestaan ’n ongelooflike impak gehad het, sal in Februarie as die Nedbank for Good-reeks bekend gestel word.
Dié reeks toernooie wat laas jaar in November ten einde geloop het, het die afgelope drie jare altesame N$656 000 vir die Outismevereniging van Namibië (AAN) ingesamel.
Afgesien van die geld wat ingesamel is, het die gholfreeks algaande in gewildheid gegroei tot ’n punt waar meer toernooie bygevoeg moes word. Meer as 1 000 spelers het die afgelope drie jaar in die landswye reeks deelgeneem.
Die hooforganiseeder, Dan Zwiebel van DZ Golf, sê hy is opgewonde oor die nuwe reeks.
“Ek is trots om te sê ons het alles vir die Outisme-reeks ingeploeg. Dieselfde gees van uitnemendheid sal ook na die nuwe Nedbank for Good-reeks oorgedra word.
“Die Nedbank for Good-reeks sal een vir die boeke wees. Ons sal opnuut gholf as ’n medium gebruik om meer inisiatiewe te ondersteun en ’n impak in ons gemeenskap maak.
“Een groot stap in die regte rigting vir hierdie reeks was om ’n afdeling vir vroue by te voeg in die strewe om vrouegholf in die land te laat groei.” het Zwiebel gesê.
Die nuwe Nedbank for Good-reeks sal een van dié bank se grootste maatskaplike beleggingsinisiatiewe wees, danksy direkte betrokkenheid van sy maatskaplike beleggingskomitee wat toesig oor die toekenning van geld aan organisasies sal hou.
Gernot de Klerk, Nedbank se hoof van bemarking en kommunikasie, sê: “Nedbank sal sy kundigheid aanwend om die kompetisie te bestuur.
“Die reeks gee ons die ideale geleentheid om geld in te samel sodat gemeenskappe op die mees positiewe manier geraak kan word. Gholfklubs waar die reeks aangebied word, sal aangemoedig word om liefdadigheidsorganisasies in hul gemeenskap te identifiseer.
“Ek wil DZ Golf vir die reis saam met ons met die opwindende nuwe kompetisie bedank. Baie dankie aan ons medeborge M+Z Motors, AfricaOnline, ComputerKit, Engen, Imperial, Gondwana Collection, Safintra Roofing, Taeuber & Corssen, Pupkewitz Megabuild, Zebra Trailers en Future Media vir jul steun om hierdie reeks een van die bestes te maak wat die land nóg gesien het.”
Die 2023 Nedbank for Good-reeks vind op Saterdae soos volg plaas: 1 Omeya 25 Februarie / 2 Gobabis 13 Mei / 3 Oranjemund 3 Junie / 4 Tsumeb 24 Junie / 5 Mariental 22 Julie / 6 Oshakati 5 Augustus / 7 Rössmund 26 Augustus / 8 Hentiesbaai 2 September / 9 Walvisbaai 9 September / 10 Windhoek 23 September, voor die finaal by Omeya op Vrydag 6 Oktober.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie