Neerlaag met een punt gee steekpyn
Skolerugby
'n Goeie openingswedstryd het gister in die laaste minute tussen die Namibiërs se vingers deur geglip.
Die harde lesse wat uitgedeel is in die akkurate taktiese bestuur van ’n rugbywedstryd sal as die troos moet dien vir die Namibiese skolespan se frustrerende naelskraapse nederlaag op die eerste wedstryddag by SA Rugby se onder 18 Akademieweek wat by Jeppe Boys High in Johannesburg aangebied word.
In ’n hoogs aanskoulike, kompeterende stryd het Namibië teen rustyd ’n voorsprong met 17-13 opgebou en kort daarna met nog ’n verdoelde drie die gaping tot 24-13 laat aangroei.
Die Valke, waarskynlik aangespoor deur die geleentheid om ’n oorwinning teen ’n “internasionale” span op sy vertoningslys te plaas, het egter met ’n hardnekkige terugvegpoging vorendag gekom. Twee onverdoelde drieë en ’n strafdoel het hul neus met 28-27 voor geplaas.
Met 13 minute speeltyd oor, was die Namibiërs desperaat op soek om hulself weer in ’n gunstige aanvalsposisie vir die wenpunte te kry.
In stede hiervan, het die Valke in hul kwartgebied kamp opgeslaan, terwyl Namibië nie uit hul eie helfte kon ontsnap nie en keer op keer gedwing is om hul eie doellyn met mening teen die volgende lynstaandryf of reeks fases te beskerm. Die waardevolle sekondes het sodoende algaande weggetik.
Nadat die toerspan se aggressiewe doelwit verklaar is om al drie wedstryde in Johannesburg te wen en sodoende Namibië se saak vir herinsluiting in die Cravenweek te bevorder, sou dié naelskraapse neerlaag gewis ’n steekpyn in Namibiese harte veroorsaak het.
Namibië het vier drieë teen vyf gedruk, met die Valke wat ondanks hul mislukte stelskoppe pale toe die oorhand bewerkstellig het.
Van der Merwe Tromp (Windhoek Affies) op losskakel was prominent as ’n spelskepper. Voorlangs het die slot Walter Otto (Windhoek Affies) en die lostrio inklimspel gelewer.
VERSAGTENDE OMSTANDIGHEDE
Uit Johannesburg word verneem dat omtrent ’n halfdosyn Namibiese spelers gister met griep of verkoue ongesteld was – vandaar die bevordering van sommige van die bedoelde plaasvervangers na die beginspan.
Nog ’n agterstand is die gewaarwording dat sommige van die Suid-Afrikaanse unies vanjaar reeds soveel as agt wedstryde gespeel het, terwyl Namibië dit nie logistiek kon regkry om ’n enkele opwarmwedstryd vooraf gereël te kry nie.
Die beheer van afskoppe en ongedwonge hanteerfoute is aspekte wat gister uitgewys is en waarop die Namibiërs voortaan hul aandag sal moet toespits.
PUNTEMAKERS
Die regtervleuel Jurgen Meyer (WHS) het ná 14 minute die telbord aan die rol gesit toe hy ’n onderskepkans netjies uitgebuit en pale toe gesnel het.
Tromp het verdoel, maar die Valke het met ’n strafdoel en ’n onverdoelde drie binne agt minute die voortou geneem.
’n Misverstand met ’n aangee te hard tussen agtsteman en kaptein Ben Burger (Windhoek Affies) van agter ’n skrum na skrumskakel JD Rossouw (Walvisbaai PS) het ’n bal laat losspat wat tot nog ’n onverdoelde Valke-drie gelei het (7-13).
Heelagter Antua Klein (Walvisbaai Privaatskool) se oortuigende fopaangee en vaartversnelling deur die linie ná ’n Valke-skop in die middelveld het sy skoolmaat Xavier Mouton (plaasvervanger vir Jurgen Meyer) in besit gestel en langs hom was Tromp (en nog twee Namibiërs) se pad oop, hoewel laasgenoemde nie sy drie kon verdoel nie (12-13).
Die volgende afskop het Burger raakgevat en vir sy vroeër blaps vergoed met ’n sterk 30-meter stormloop, van waar senter Stephan Gildenhuys (Whk Gim) met ’n lang aangee na Klein vir Xavier Mouton op sy lopie vir ’n drie in die hoek weggestuur het.
Tromp het misgeskop (rustyd 17-13), maar twee minute ná die hervatting het Gildenhuys, Tromp en Klein in die agterlyn saamgespan om deur die lyn te breek vir ’n binne-aangee na JD Rossouw vir sy verdoelde drie onder die pale.
Die idee dat Namibië op 24-13 beheer sou oorneem, is egter blitsig begrawe toe die Valke die afskop teruggewen en ’n drie in die regterhoek geskep het. Met nóg ’n onverdoelde drie van ’n lynstaandryf was die Oos-Gautengers inderdaad voor (24-23).
Tromp het vir oulaas met ’n strafdoel getref, maar die volgende afskop is laat wip en die vlagman het beslis dat die Namibiese vleuel Sammy Sobramoney eers uitgetrap het voor hy die bal uitgegee het. Hierdie kans het tot die Valke se wendrie van ’n lynstaandryf gelei.
Hoewel die Namibiese agttal hierna verbete meter vir meter opgetel en tot naby die doellyn gedryf het, is ’n strafskop teen hulle toegeken wat toegelaat is om op hul kwartlyn uitgeskop te word. Van hier het die Valke hul greep behou tot die eindfluitjie geblaas het.
• Vandag: Namibië teen Grens Platteland – 09:00, regstreeks op https://live.supersportschools.com/
Grens Platteland het gister ewe naelskraap (34-35) teen SA LSEN-span (gekies by die Rugbyweek vir Spesiale Onderrigbehoeftes) verloor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie