NESA span soeknet vir vroulike e-atlete

e-Sport
’n Derde van die jaar is reeds verby en Namibië is besig met voorbereidings vir waarskynlik die grootste seisoen nóg vir elektroniese sport in die land.

Vanjaar sal die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (NESA) nasionale uitdunne vir ses speletjies aanbied. Almal is titels wat deur die Internasionale e-Sportfederasie (IESF) uitgesoek is om tydens die 2022 wêreldkampioenskap aangebied te word.

Wat maak vanjaar meer spesiaal as tevore? Vir die eerste keer sal Namibiese kampioentitels en nasionale kleure ook in selfoonspeletjies op die spel staan.

Aangedryf deur Logitech, begin NESA sy soektog na die volgende Namibiese e-sportspan om aan die Afrika-streekkampioenskap deel te neem. Die topspelers staan die kans om Namibiese kleure in Bali, Indonesië en by die wêreldkampioenskap in November en Desember te dra.

Die gekose rekenaarspeletjies is Counter-Strike: Global Offensive (CS:GO) en Defender of the Ancients (DotA2), wat beide in spanne van vyf gespeel sal word.

Vir PlayStation is die gevegspeletjie Tekken 7 asook e-Football 2022 wat deur individue gespeel word. Die selfoontitels is Mobile Legends: Bang Bang (MLBB) wat ook in spanne van vyf beslis word, terwyl PUBG Mobile ’n span van vier verg.

NESA is veral op die uitkyk vir vroulike spelers in CS:GO, want die wêreldkampioenskap bied vanjaar die eerste keer vir hulle ’n CS:GO-toernooi aan.

Die eerste kwalifiserende toernooie begin op 7 Mei met CS:GO, DotA2 en MLBB wat oor die volgende twee maande aanlyn sal plaasvind. Tekken 7 en e-Football 2022 op 7 Mei en 4 Junie sal albei as fisiese toernooie afgehandel word. Die PUBG-toernooi sal op 14 Mei en 11 Junie aanlyn aangebied word.

Die eerste inskrywings vir CS:GO, DotA2 en MLBB het reeds op 5 Mei gesluit, maar inskrywings vir Tekken 7 en e-Football 2022 sluit om 10:00 op die dag van die kompetisie.

Belangstellende e-sportatlete behoort NESA se platforms deur te kyk en betrokke raak om nie hierdie eenmalige geleentheid mis te loop nie.

Flip de Bruyn kan by 081 141 5100 of Damien Britz by 081 148 2628 geskakel word. Kontak NESA ook per e-pos by is ook beskikbaar op hul Facebook-blad (Namibian Electronic Sports Association) of besoek www.esportsnamibia.org.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!