Net beperkte proefnemings teen Chili
Rugby
Namibië en Chili het nog nie tevore in 'n rugbytoets slaags geraak nie.
Die vaskopstut Aranos Coetzee, flank Max Katjijeko en vleuel Chad Plato kry hul eerste speelkans op die Namibiese rugbytoer in Suid-Amerika, wanneer hulle Saterdag in die beginspan teen Chili sal aantree.
Die ses ure tydverskil tussen Namibië en Chili, beteken die plaaslike afskoptyd (17:00) in die Chileense stad Temuco is om 23:00 Namibiese tyd.
Afrigter Allister Coetzee se spankeuse bring mee dat Le Roux Malan (senter), Johan Luttig (losvoorspeler) en Mahepisa Tjeriko (slot) die drietal sal wees wat geen speelkans op die toer kry nie.
Nadat die toerspan met 35 spelers aangekondig is, het Herman Agenbag (stut) en Jay-Cee Nel (senter of heelagter) egter nie saam vertrek nie terwyl hul reisdokumente opgeklaar moes word.
Die afrigterspan het in die nederlae teen Argentinië-A (27-34) en teen Uruguay (18-26) tot ’n redelike mate dieselfde kerngroep behou en net beperkte rotasie toegepas, afgesien van gedwonge veranderinge weens beserings aan skrumskakel Helarius Kisting (gebreekte voorarm) en die hakers Torsten van Jaarsveld (stamp teen die oog) en Gihard Visagie (kuitspier). Van Jaarsveld het intussen herstel en maak sy terugkeer.
Die gevolg is dat verskeie ander toerlede ook maar weinig speelkans gekry het om dalk hul kleim vir insluiting in die Wêreldbekergroep bo twyfel te kon stel. Namibië se aankondiging van sy 33 WB-spelers word gedoen voor hul laaste opwarmwedstryd in Windhoek teen die Vodacom Bulle op 26 Augustus.
Beide Namibië (21ste) en Chili (22ste) se posisies op die wêreldranglys het dié week onveranderd gebly, terwyl Uruguay (nou 18de) ondanks sy oorwinning met een posisie gesak het toe die VSA hom verbygesteek het.
Namibië en Chili het nog nie tevore in ’n rugbytoets slaags geraak nie. Die Chilene het verlede jaar vir die eerste keer vir Wêreldbeker-deelname in 2023 gekwalifiseer, ten koste van die VSA.
Chili se uitslae die afgelope twee naweke – nederlae teen Uruguay (25-26) en Argentinië-A (13-40) – mag ’n aanduiding wees dat Namibië sy eerste oorwinning van die toer kan behaal.
Namibië se span: 15 Divan Rossouw, 14 Chad Plato, 13 Johan Deysel (kaptein), 12 Danco Burger, 11 JC Greyling, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Damian Stevens, 8 Richard Hardwick, 7 Max Katjijeko, 6 Wian Conradie, 5 Tjiuee Uanivi, 4 Adriaan Ludick, 3 Aranos Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: Louis van der Westhuizen, Jason Benade, Casper Viviers, Tiaan de Klerk, Johan Retief, Prince !Gaoseb, Jacques Theron, André van der Berg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie