Net twee spanne oorleef die volle Tara

Motorsport
Tielman van Lill
Steven Marnevick en sy navigator, Jodine van Zyl, het Saterdagnamiddag by die Tony Rust-renbaan die Windhoek-motorklub se 2022 Tara-tydren in 2 uur 30 minute 19 sekondes in hul S1-klas Hendeca Machinery 2x4 Mitsubishi Lancer 1.6L gewen.

Team Mohatu met Pieter Greeff (links) en navigator JP Robinson was tweede in 2:36:28 in Greeff se S1-klas sealconsultingengineers 2x4-Toyota Corolla 1.6 L.

Marnevick en Greeff was die enigste twee spanne wat die moordende 179 kilometer oor twee dae en 20 spesiale sneldele (SS) in die sedan-afdeling (klasse S1 tot S4) oorleef het.

Wilro Dippenaar en Carolyn Swan (S4), Rolf Pretorius/Katja Pretorius asook Wido Bartsch/Raymond Fourie (beide S2) het vanaf Okazize na Okahandja (SS7) meganiese probleme ontwikkel.

By Okapuka (SS8) het Richard Slamet en Cecil Koorts se 4x4 Subaru Sti (S4) se enjinlaers ook gegroet.

Saterdagoggend het die Tara-kat vir oulaas sy naels ingeslaan en van Pierre Röhm/Berto Mostert (S1) en Kai Pretorius/Dian van der Merwe (S2) in SS15 ontslae geraak.

Allan Martin en Maretha Olivier (S4), die vorige titelhouer, was die laaste slagoffer in SS16 by Aris.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!