Newspaper Cup kies Otjiwarongo
Sokker
Die 21ste Namibian Newspaper Cup sokker- en netbaltoernooi, ondersteun deur Standard Bank, sal van 7 tot 10 April op Otjiwarongo aangebied word waar elk van die land se 14 streke verteenwoordig sal word.
Die sokkerspanne van Omahekestreek, Kavango-Oos, Oshikoto en Kavango-Wes sal in groep A sake uitspook. Groep B se mededingers is ||Kharas, Zambezi, Khomas en Otjozondjupa.
Groep C (Kunene, Hardap en Omusati) en groep D (Erongo, Ohangwena en Oshana) het elk net drie spanne.
Die wenner van Groep A sal in een semifinaal teen die wenner van groep C koppe stamp, terwyl die wenners van groep B en D sal uitspeel vir ’n plek in die eindstryd.
Jochen Traut, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NFA), het by die bekendstelling gesê: “Toe ons verlede jaar se bekendstelling op Oshakati gehou het, het ons vanweë omstandighede vir ’n baie lang tyd geen aktiewe of kompeterende sokkerkompetisies in die land gehad nie.
“Vandag kan ons met trots sê sokker is op alle vlakke weer volstoom aan die gang, insluitend die FNB Vrouesuperliga.
“Die Newspaper Cup is 100 persent in lyn met die ontwikkeling van o.20-sokker wat ons beste jong spelers die geleentheid bied om oor vier dae jul talent ten toon te stel.
“Die NFA is trots om deel van hierdie edele inisiatief te wees. Die NFA is trots om met The Namibian, Standard Bank en Coca-Cola as borge asook die ministerie van jeug, sport en nasionale diens te vereenselwig. Ons het meer borge soos hulle nodig om sokker lewendig in Namibië te hou.
“Die Newspaper Cup gaan Otjiwarongo se ekonomie stimuleer en beslis goeie dividende op die beleggings lewer.”
Namens The Namibian het Isack Hamata gesê nagenoeg 10 000 spelers het oor die jare in die toernooi gespeel – insluitend alle Namibiese spelers wat tans professioneel oorsee gekontrakteer is.
In verlede jaar se toernooi was Zambezi, Ohangwena, Khomas en Kavango-Oos die vier groepwenners. Zambezi en Kavango-Oos het hul onderskeie semifinale teen Khomas en Ohangwena gewen.
Zambezi het geskiedenis gemaak met sy eerste triomf, deur Kavango-Oos in die eindstryd met 2-1 te klop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie