NFA en NPL trek steeds tou
Sokker
Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het klubs wat by die Namibië Premierliga (NPL) geregistreer is, gewaarsku om in geen opsig bande met entiteite te hê wat nie deur die NFA erken word nie, of met lede wat deur die NFA geskors is. In ’n brief deur Franco Cosmos, sekretaris-generaal van die NFA, sê hy indien enige NFA-lidklubs besluit om by die NPL aan te sluit, moet hulle onmiddellik uit die NFA bedank.
Die NFA sê die waarskuwing is volgens “statusartikel 13 (i)” aan die klubs gerig. Dié waarskuwing van die NFA kom nadat die NPL ’n brief aan 36 klubs in die eerste liga se drie streke gerig het. Die NPL vra in die skrywe dat die klubs moet sê of hulle belangstel om as lede van die NPL voort te gaan. Die brief nooi ook premierligaklubs wat voorheen in die NPL gespeel het. Hulle is Chief Santos, Civics, Orlando Pirates, Rundu Chiefs, Young African, Young Chiefs, Tigers, Julinho en Mighty Gunners,
Die NPL het die betrokke klubs tot 22 Februarie gegee om te reageer. In ’n reaksie deur die NPL se uitvoerende komitee op die NFA se waarskuwing, sê hy die NFA se motief is om niksvermoedende klubs te intimideer en chaos te veroorsaak. Die NPL sê: “Ons uitnodiging is deursigtig om bo kleinlike sokkerpolitiek uit te styg. Die NPL wil ’n eersteliga (NFD) met ’n nasionale karakter op die been bring.
“Sokker sal die enigste wenner wees en sokker sal beslis binnekort hervat. Etlike klubs het reeds positief op ons uitnodiging gereageer.”
Die NPL sê ook hy is ’n geregistreerde beheerliggaam wat deur die Namibiese Sportkommissie erken word om professionele sokker in die land te bestuur. Volgens die NPL bewys artikel 10 van die NFA-statute dat geen klub ’n lid van die NFA is nie en sê die NFA se brief aan die klubs is verwaand, oneerlik en misleidend. Die NFA het die NPL in 2019 geskors en in 2020 as lid uitgeskop, wat in dieselfde jaar tot die stigting van die NPFL gelei het. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie