NFA: Traut en Shipanga gee nuwe leiding

Sokker
Tielman Van Lill
Die Fifa-normaliseringskomitee wat in beheer van die Namibiese Sokkervereniging (NFA) is, het gister groot vertroue verklaar in mnr. Jochen Traut wat as die NFA se tussentydse sekretaris-generaal aangestel is.

Traut se kontrak strek oor 12 maande en is onmiddellik van krag. Hy het onlangs as bedryfshoof by die Regulerende Kommunikasie Owerheid van Namibië (CRAN) uitgetree en was betrokke by die suksesvolle stigting van verskeie Namibiese maatskappye. Hy is ook ’n ervare kundige op die gebied om maatskappye met bestuursverandering weer op koers te kry.

Terselfdertyd het hy sy liefde vir sokker uitgeleef en verskeie jeugspanne afgerig. Hy was SKW se voorsitter én spanbestuurder toe dit in die Namibiese Premierliga (NPL) meegeding het, terwyl hy ook dié klub se jeugakademie op die been help bring het wat vandag nog jong spelers brei.

GLADIATORS-AFRIGTER

Paulus Shipanga se aanstelling as hoofafrigter van die Brave Gladiators is gister ook aangekondig.

Met die oog op die 2022 Cosafabeker-vrouetoernooi wat van 31 Augustus tot 11 September in Durban aangebied word, het Shipanga beperkte tyd beskikbaar om die senior vrouespan as ’n eenheid te smee.

Shipanga (42), oudspeler van Blue Waters en die Brave Warriors, is ’n ervare breier wat oor die jare verskeie klubs afgerig het. Hy was tydens die 2018-2019-seisoen vir Black Africa na die NPL-titel gelei en beskik oor ’n B- en C-afrigterslisensie van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF).

Sy voorganger Woody Jacobs is in September 2021 aangestel, maar is in ’n geskil met die NFA oor beweerde wanbetaling.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!