Nadine Jaeger met twee mede-Namibiese gimnaste tydens ’n gimnastiektoer in Tsjeggië verlede jaar. Foto verskaf
Nadine Jaeger met twee mede-Namibiese gimnaste tydens ’n gimnastiektoer in Tsjeggië verlede jaar. Foto verskaf

NGF bly oor kans vir jong afrigter

Gimnastiek
Die Namibië Gimnastiekfederasie (NGF) het met trots aangekondig dat Nadine Jaeger, ’n voormalige nasionale gimnas en huidige nasionale afrigter en beoordelaar, ’n beurs ontvang het om ’n Statebond- leierskapprogram vir vroue te volg.

Die 25-jarige Jaeger, ’n oudskolier van Windhoek Gimnasium, rig artistiese en trampoliengimnastiek by die Crete-klub in die hoofstad af.

As die suksesvolle aansoeker vir een van slegs 25 beurse wat uit 72 Statebondspeleverenigings wêreldwyd toegeken is, sal Jaeger opleiding ontvang tydens ’n ontwikkelingsreis om ’n sterk rolmodel te word in die leiding van die volgende generasie vroue in sport.

Die program, met insette van beide plaaslike en internasionale mentors om haar reis en ambisies te ondersteun, is daarop gemik om leiding te bied oor vele belangrike sake, soos die daarstelling van holistiese, langtermynoplossings vir uitdagings wat vroue in sport in die gesig staar, die hantering van uitdagings in die ingesteldheid en kultuur teenoor vroue binne organisasies, plus die bevordering van vroue in Statebondsport op alle vlakke.

Tydens die intensiewe eenjaarprogram sal Jaeger saamwerk met ’n mentor van die Universiteit van Birmingham, wie se doel is om hul professionele kennis en ervarings te deel, en sleutelvaardighede en persoonlike eienskappe te gebruik om deelnemers in staat te stel om hul doelwitte te bereik.

Motivering en bemagtiging, gebou in ’n een-tot-een verhouding op ’n gereelde grondslag, vul die professionele ontwikkeling aan met die oordrag van ondervinding, kennis en beste praktyke.

“Die NGF is uiters dankbaar teenoor die Statebond Sportvereniging vir die toekenning van die beurs aan Nadine, en die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) vir die volgehoue steun en bystand aan die NGF in ons volgehoue pogings om gimnastiek in Namibië te bevorder,” sê die beheerliggaam.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!