Nicole ’n yster in swemspan
Swem
Nicole Redecker (foto) was gister algeheel eerste in die 5 kilometer oopwaterswembyeenkoms by die Konfederasie van Afrika-swem (Cana) se streek 4-byeenkoms in Luanda. Geen medaljes is egter vir die oopwaterswem toegeken nie. Redecker se landgenoot Arkell Wellmann was derde in die 5 km oopwaterswem vir mans. Die Namibiese Swemfederasie (Nasfed) se span het die afgelope week uitmuntend presteer deur vir die eerste keer boaan die medaljelys teen elf ander nasies by die Streek 4-byeenkoms te eindig, met ’n totaal van 117 medaljes insluitend 45 goues. Meer hieroor binne in Sport Wrap.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie