NIIHA-toer in België maak geskiedenis

Inlynskaatshokkie
Tielman Van Lill
Die Namibiese Ys- en Inlynskaatshokkievereniging (NIIHA) het sy vier SPAR nasionale spanne met 41 spelers na die Europese Inlynhokkiekampioenskap in Charleroi, België, gestuur wat môre begin.

Namibië is die enigste genooide land van buite Europa wat van 21 tot 30 Julie sal deelneem.

Dite uitnodiging volg nadat Namibië se junior vrouespan verlede jaar die wêreldtitel in Argentinië gewen en die junior mans vierde geëindig het.

Altesame 45 spanne uit 14 lande sal in elke afdeling vir die goue medalje meeding. Die lande sluit in België, Tsjeggië, Spanje, Finland, Frankryk, Brittanje, Duitsland, Ierland, Italië, Pole, Slowakye, Swede en Switserland.

Brian Sobel, die nasionale afrigter, sê: “Hierdie uitnodiging is histories vir Namibië en Afrika. Dis ’n groot oomblik en almal wat al die jare hard gewerk het, moet trots wees op wat hulle opgebou het. Ons toerspanne is opgewonde en gereed om die bestes van Europa aan te durf en te wys wat ons kan doen!”

Bernd Bajorat, die NIIHA-president, sê: “Ons is dankbaar teenoor SPAR vir alles wat hulle vir ons gedoen het. SPAR het hulle verbind tot ’n driejaarvennootskap met die nasionale inlynhokkieprogram.

“Dié vennootskap sal die weg baan vir die sport om te groei en ons spelers en program om voort te gaan om op die verhoog voor die wêreld geplaas te word.”

GROOTSTE EER

Christine Röttcher, kaptein van die junior vroue wat in Argentinië die wêreldkampioenskap gewen het, het gesê: “Dis ’n baie opwindende jaar. Dis die Europese Kampioenskap, ons speel in hul agterplaas, ons het baie hard gewerk om vir dié jaar voor te berei en sien uit daarna om mee te ding en Namibië te verteenwoordig.

“Daar is geen groter eer in sport as om jou land te verteenwoordig nie. Ons sal vir die hele Namibië speel en ons beste in elke wedstryd lewer.”

Die nasionale o.17-seuns, junior vroue en mans asook senior vroue sal Namibië se vlag in België laat wapper.

Veertien spelers van die Kamikaze-klub in Windhoek is in die onderskeie spanne opgeneem.

Die senior vroue in groep 2 speel môreoggend nege-uur teen Spanje en 17:45 teen Finland. Saterdag 15:15 kom Brittanje aan die beurt.

Die junior mans in Groep 3 se eerste uitdaging is môre 09:00 teen Switserland, met Frankryk volgende om 15:15. Saterdag om 10:15 vat hulle Brittanje aan.

Die wedstryde kan by http://espn2sport.ni-live.online/hockey.php gevolg word.

NAMIBIË SE SPANNE

Junior mans: Mati Laporte (kaptein), Keanan Simpson, Theodore Oosthuizen, Sean-Oliver Kirchner, Theo Borstlap, Kyron Ihlein, JW Coetzee, James de Jager (almal van Coastal Pirates); Thomas Kock, Nikolas Kock, Gregor Müller, Vahid Diehl, Fabian Metz, Bastian Guttzeit (almal Kamikaze).

O.17-seuns: Hadrian du Toit, Ricky Miranda, Abe van der Merwe (almal Badgers), Max Ihms, Kandiwapa Schutt, York Wohlers, Bastian Guttzeit (almal Kamikaze), Theo Borstlap (kaptein), Theodore Oosthuizen, Sean-Oliver Kirchner, Lourens Borstlap, Noah Spall, George Tjaahapi, Jacques Oosthuizen (almal Pirates).

Senior vroue: Alrené Odendaal, Ieesha Hilukiluah, Maike Dedig (almal Kamikaze), Lomarie Fourie, Ania Borstlap, Bridgit Justinussen, Jana Lautenbach, Leighzené Coetzee, Christine Röttcher, Laura Weimann (almal Pirates), Danielle Dobberstein (kaptein), Jada Tati (beide Badgers) en Fana Metz (geen klub).

Junior vroue: Maja von Somnitz, Kamogele Dax, Maike Dedig, Ieesha Hilukiluah (almal Kamikaze), Christine Röttcher (kaptein), Lomarie Fourie, Tayla de Jager, Laura Weimann, Ané de Koning, Ania Borstlap, Bridgit Justinussen, Megan Marais, Leighzené Coetzee (almal Coastal Pirates), Lea Reiff, Jada Tati (beide Badgers).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!