Nissan hou NRU in beweging

Rugby
Tielman Van Lill
Pupkewitz Nissan het gister twee dubbelkajuit-Nissan Navaras, een Nissan NP200-bakkie en ’n Nissan Magnite-sedan by die Hage Geingob-stadion in Windhoek aan die Namibië Rugby-unie (NRU) oorhandig. ’n Bestaande borgskap is hiermee met twaalf maande verleng.

In die besige Wêreldbekerjaar waarin die Welwitschias ook in die Mzansi-uitdaagreeks (Curriebeker eersteliga) meeding en waarin die NRU gereeld uitreikprogramme buite Windhoek aanpak, is die gebruik van hierdie spogwiele gewis ’n hupstoot.

Petrie Theron, president van die NRU, het gesê: “Rugby lê Namibiërs en vele van ons ondersteuners oor die wêreld heen baie na aan die hart. Daarom is dit vir ons bevredigend en ’n groot eer om met ’n borg soos Pupkewitz Motors kragte saam te snoer.

“Ons wil die geleentheid benut en Pupkewitz Motors vir hul belegging en steun bedank. Namibië is besig om geskiedenis te maak met sy sewende opeenvolgende deelname aan die Wêreldbeker in Oktober in Frankryk.”

VENNOOTSKAP

Janse Jansen van Rensburg, handelaarshoof van Nissan, het gesê: “Pupkewitz het reeds verlede jaar met sy borgskap afgeskop en dit goed gedink om dit vir 2023 te verleng.

“Ons vennootskap met die NRU en die nasionale span is ’n opwindende een en op grondvlak in die gemeenskap raak ons ook by die GetIntoRugby-program betrokke. Die uitsluitlike doel is om rugby in Namibië asook internasionaal te bevorder.

“Die toekoms van rugby in Namibië is blink op plaaslike sowel as internasionale vlak en ons is geëerd om deel van die nuwe hoofstuk te wees. Rugby bevorder waardes soos integriteit en respek, wat grootliks met dié van die Pupkewitz Motors-groep ooreenstem.”

John Heynes, hoofbeampte van die NRU, het gesê: “Ons loop sedert 2022 ’n pad met Pupkewitz Nissan en ek moet sê dit was ’n maklike reis. Janse Jansen van Rensburg het ’n briljante span by Nissan wat die NRU ongelooflik goed ondersteun. Baie dankie vir jul insig, visie en hulp.

“Die NRU het meer ’n vennootskap met Pupkewitz Motors as bloot ’n borgskap. Ons is opreg dankbaar om Nissan as deel van die familie te hê.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!