NNOK bepleit steeds gimnaste se saak
Statebondspele
Die leiersfigure in die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) spook steeds om tot die redding van twee Namibiese ritmiese gimnaste te kom, wat die Statebondspele kan misloop ondanks die uitklaring in die jarelange rusie oor wie die sport in hul tuisland beheer.
Emilia Ekandjo en Shayna Schutte word deur die Internasionale Gimnastiekfederasie (FIG) verhinder om aan Birmingham 2022 deel te neem aangesien hul lisensie nie uitgereik is wat nodig is om aan die Spele deel te neem nie.
Daar is toenemende vrese dat die kwessie nie betyds opgelos sal word vir die tienerjarige Ekandjo en Schutte om aan die ritmiese gimnastiek deel te neem nie, wat komende Donderdag in Birmingham sal begin.
“Hierdie situasie het heeltemal ondraaglik geword omdat twee atlete deelname aan die Spele geweier word omdat die FIG hul lisensies geweier het,” het Joan Smit, sekretaris-generaal van die NNOK, aan media in Birmingham gesê.
“Die FIG het geweier om die Namibiese Gimnastiekfederasie te erken, selfs nadat ’n geregshof in ons guns beslis het.”
Die situasie spruit terug uit ’n dispuut meer as drie jaar gelede oor wie die wetlik erkende beheerliggaam vir gimnastiek in Namibië is.
Die Namibiese Gimnastiekfederasie (NGF) is die liggaam wat erken word deur die NNOK en die Namibiese Sportkommissie, die regeringsinstelling wat die regulerende organisasie van alle sportkodes in die land is.
Die FIG het eerder erkenning gegee aan Namibië Gimnastiek (NamGym), ’n wegbreekgroep wat deur voormalige NGF-president Sonja Olivier gestig is.
Olivier het beweer dat NamGym die enigste en outentieke liggaam van die sport in Namibië is, maar Donderdag het die hooggeregshof teen haar beslis en gesê NamGym het geen regsbevoegdheid nie.
Die NNOK-president Abner Xoagub het die uitspraak verwelkom.
“Ons is bly dat geregtigheid geskied het – integriteit en etiek in sportbestuur is die sleutel,” het hy gesê.
“Die atlete is die fokus van ons missie as die Olimpiese beweging in Namibië.
“Daar is net een erkende Federasie wat verantwoordelik is vir gimnastiek in Namibië en dit is die Namibië Gimnastiekfederasie.”
Valereis Geldenhuys, erepresident van NamGym, die groep wat nie in Namibië erken word nie, is ’n lid van die FIG Geslagsgelykheidskommissie.
Xoagub het telefonies met FIG-president Morinari Watanabe oor die situasie gepraat en Agnes Tjongarero, Namibië se minister van sport, het aan Nicolas Buompane, sekretaris-generaal van die wêreldbeheerliggaam, geskryf.
JUNIAS OP KOERS
Die ligweltergewigbokser Junias Jonas het gister sy tweede oorwinning behaal en met ’n plek in die kwarteindronde seker gemaak hy bly op koers om sy derde medalje by ’n Statebondspele te behaal.
Jonas het gister teen Rashield Williams van Bahamas die eerste ronde oorheers sodat elk van die vyf tellinghouers die ronde aan hom toegeken het.
Die tweede ronde was die verskil kleiner en twee tellinghouers het in Williams se guns beslis, voordat Junias in die derde ronde met beter voetwerk weer sake met 5-0 reggestel het.
Die gouemedaljewenner van 2018 het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê hy voel reg om weer die goud te verower.
“Die eerste twee gevegte was net opwarming. Ek voel 200 persent positief dat ek weer die goud huis toe gaan bring.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie