Nog hoogtepunte wag by Oanobdam
Oopwaterswem
Die Pointbreak oopwaterswembyeenkoms, die mees gesogte geleentheid vir dié sportkode by ’n binnelandse venue in Namibië, word komende naweek by Oanobdam naby Rehoboth aangebied.
Inskrywings het gister gesluit, met altesame 186 swemmers wat reeds geregistreer was om in ouderdomsgroepe jonk en oud mee te ding. Verskeie driekampatlete en swemmers sal dié geleentheid vir kompetisie aangryp.
Die hoofkompetisie sal Saterdag se aanbieding oor die afstand van vyf kilometer wees. Die wegspringskoot klap om 11:00, en 14:15 is as die afsnypunt gestel wanneer die swemmers klaar moet wees.
Verlede jaar se 5 km-wenner was die land se eerste Olimpiese verteenwoordiger in Tokio 2021, Phillip Seidler, wat in ’n haastige 58 minute 45 sekondes klaargemaak het.
Hy het Nico Esslinger (1:07:58) en Arkell Wellmann (1:10:51) as sy naaste teenstanders gehad. Seidler het selfs vinniger geswem as sy vorige jaar se wentyd voor die Olimpiese Spele (1:00:47).
Die verdedigende vrouekampioen oor 5 km is Reza Westerduin, wat verlede jaar in 1:14:48 gewen het voor Tiana Esslinger (1:17:34) en Maja Brinkmann (1:17:48).
Vir die minder geharde swemmers word Sondagoggend ook die oopwaterswemafstande van 2.1 km (wegspring 10:00) en 700 meter (om 09:30) aangebied. Om 11:00 word afgeskuit met ’n pretitem vir kinders.
Die 2021-kampioene oor 2.1 kilometer was opnuut Seidler (24 minute 46 sekondes), voor Nico Esslinger (27:53) en Arkell Wellmann (29:09).
Tiana Esslinger was eerste van die vroue onder 30 jaar (31:14), hoewel die o.15-meisie Maja Brinkmann (30:15) ’n vinniger tyd opgestel het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie