Norrie sê sorrie ná hy toeskouer met sy raket raakgooi
Brittanje se Cameron Norrie moes Dinsdag om verskoning vra nadat sy raket ’n toeskouer op die paviljoen getref het in die Auckland Classic-toernooi.
Norrie het dit uit woede geslinger tydens sy nederlaag van 2-6, 6-3 teen die Argentyn Facundo Díaz Acosta in Auckland.
Norrie, 48ste op die wêreldranglys, het die bal in die net geslaan terwyl hy met 2-6, 3-5 agter was teen Acosta. Hy het toe sy raket uit frustrasie gegooi. Die toeskouer in die voorste ry was skynbaar ongedeerd, maar Norrie het dadelik om verskoning gaan vra.
Die skeidsregter het die 29-jarige wel ’n waarskuwing vir onsportiewe gedrag gegee.
“Ek het nie bedoel om dit te doen nie en was nog nooit voorheen skuldig aan so iets nie,” sê Norrie, wat Nieu-Seeland as ’n junior verteenwoordig en voorheen in Auckland gewoon het.
“Die toeskouer het gelag en ek het net gesê ‘so jammer, ek het nie bedoel om dit te doen nie’. En sy het gesê ‘toemaar, ek is heeltemal oukei’. Dit was nie ’n groot probleem nie. Maar soos ons gesien het met ander spelers en voorvalle, kan jy maklik ’n boete opgelê word as dit hulle op die verkeerde plek tref of hulle nie voor hulle gekyk het nie.
“Dit was nooit my bedoeling nie, en ek weet ek moes dit nie gedoen het nie. Ek het baie vinnig om verskoning gevra. Ek is nie gelukkig met hoe ek myself gedra het nie.”
In die Amerikaanse Ope in 2020 is die 24-malige Grand Slam-wenner Novak Djokovic in die vierde ronde gediskwalifiseer nadat hy per ongeluk ’n lynregter teen die keel getref het met ’n bal wat hy in ’n woedebui weggemoker het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie