NRU-kontrakte bring ook oud-Leeu in
Rugby
Die NRU werk glo daaraan om sowat 33 spelers kontrakte aan te bied.
Die Namibië Rugbyunie het aangekondig dat hy sover kontrakooreenkomste met 21 senior spelers gesluit het, met die oog op die Windhoek Draught Welwitschias se verpligtinge in die Mzansi-uitdaagreeks, asook die internasionale seisoen wat tot die 2023 Wêreldbeker in Frankryk lei.
Die spelerskontrakte, in vyf kategorieë, word deur die NRU se hoofborg Namibia Breweries Limited, sowel as die regering moontlik gemaak.
Allister Coetzee, die NRU se direkteur van rugby, sê hierdie bydrae is ’n stap in die regte rigting en help spelers wat tevore uit hul eie sak uitgawes soos verblyf en reis moes dek om oefensessies by te woon.
“Vir ons om ’n ten volle funksionele en mededingende span te hê, is dit noodsaaklik dat spelers gereeld vir oefening byeen is. Ons program beoog om minstens vier oefendae per week te hê; tot nou is ons op ons twee-en-’n-half dae met ’n volle span teenwoordig, van wie sommige slegs op ’n Vrydag by ons kon aansluit vanweë werkverpligtinge, reis en verblyf.
“Hoewel nie voltydse kontrakte nie, glo ons hierdie gebaar sal spelers veral van die kus en die noorde help met algemene lewenskoste, moontlike verlies aan inkomste vir dié wat sukkel om verlof van hul werkgewers te kry en help om ’n meer volledige span op die oefenveld te handhaaf.”
Danie Keulder, as NBL se bestuurder van wêreldwye borgskappe en geleenthede, het gesê: “Dis fantasties dat die Rugbyunie in ’n posisie is om kontrakte aan hul spelers te bied. Dit beweeg in die regte rigting waar rugby vir vele Namibiërs ’n sport van aspirasie en hoëprestasie word. Dit sluit baie nou aan by waarom Windhoek Draught die Unie se hoofvennoot is.”
VOORRYE OP KRUKKELYS
Coetzee het onthul dat die Welwitschias se huidige uitdagings om ’n fikse en mededingende voorry in te span, die afrigtingspan gedwing het om na die buiteland te kyk om sy diepte vir die Mzansi-uitdaging te versterk.
Gevolglik het die 28-jarige Suid-Afrikaanse haker Pieter Jansen dié week in Windhoek aangesluit en kan moontlik reeds in die prentjie wees vir Saterdag se tuiswedstryd teen die SWD Arende.
Jansen, ’n geharde speler wat Superrugby vir die Leeus gespeel het voordat hy die laaste twee jaar na die Tel Aviv Heat en die Amerikaanse Major League-span New England Free Jacks aanbeweeg het, kan vergoed vir ’n rits beserings en onbeskikbaarheid onder die Namibiese geledere.
Nelius Theron, Desiderius Sethie, André Rademeyer en WP Eloff is almal stutte wat beseer, in rehabilitasie of besig met kondisionering is. Jano Otto het glo besluit om nie meer rugby te speel nie, terwyl Herman Coetzee, laas jaar nog ’n skoolseun wat eers volgende maand 19 word, ’n proses moet aflê om goedkeuring te verwerf om topvlak kompeterende rugby as vaskopstut te speel.
Die 21 spelers wat sover NRU-kontrakte onderteken het, sluit in Prince !Gaoseb (kaptein van die Windhoek Draught Welwitschias) en Max Katjijeko, wat beide laas jaar vir Tel Aviv Heat in die finaal van die Europese Superbeker gespeel het.
Andere is Nelius Theron, Desiderius Sethie, Jason Benade, Herschell van Wyk, Obert Nortje, Wikus Jacobs, Pieter Jansen, Johan Luttig, Mahepisa Tjeriko, Thomasau Forbes, Lezardo Vos, Jacques Theron, André van der Berg, PJ Walters, Justin Newman, Danco Burger, Hillian Beukes, Lloyd Jacobs en Aurelio Plato.
Spelers soos Lesley Klim, Alcino Izaacs, Lorenzo Louis, Francois Jones, Joshua Jacobs, Warren Ludwig en Chad Plato is ook nog op die huidige krukkelys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie