NRU plaas Jacques Burger in Rassie-rol
Rugby
‘n Nuwe golf van opgewondenheid het gister oor Namibiese rugby-ondersteuners begin spoel met die bekendstelling van Jacques Burger as die nasionale direkteur van rugby en Chrysander Botha as die nasionale hoofafrigter.
‘n Meer gewilde plaasvervanger vir Allister Coetzee sou die Namibië Rugby-unie beswaarlik kon aanwys as juis Burger, wat tydens sy loopbaan as speler die verbeelding van die rugbywêreld aangegryp het met sy vreeslose inklimspel as losvoorspeler op aanval en verdediging. As ‘n plettervatter sonder einde was geen oormag te groot om vir 80 minute soos ‘n derduiwel sy liggaam op die spel te plaas nie.
Met 17 van sy 36 toetse as kaptein, drie verskynings by Wêreldbekers (2007, 2011 en 2015) en ‘n legendariese klubloopbaan vir Saracens in Engeland, was dit reeds vir jare bestem dat Burger eendag in sy geboorteland se rugbytoekoms sou terugploeg.
Vir hom is dit eweneens ‘n droom wat bewaarheid is, het Burger gister in sy eerste media-onderhoud ná die NRU-nuuskonferensie gesê. Lees meer in Sport Wrap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie