NRU premierliga: Vier klubs vervang kapteins
Klubrugby
Vir naweek 3 van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga het die klubs hul nasionale o.20-spelers terug in oorweging, nadat die jonges die afgelope twee weke in Kenia op toer was.
Vir Saterdag se vier wedstryde word sommige klubs egter wel benadeel deur die afwesigheid van die Namibiese sewesspan, wat by die Afrika-kampioenskap in Uganda meeding.
Laasgenoemde gedwonge veranderinge geld veral vir die FNB Universiteit van Namibië, met vier eerstespanspelers uit (Oderich Mouton, Gilad Plaatjies, Darryl Wellman en Lorenzo Louis.
FNB Reho Falcon, FNB Kudus en FNB Western Suburbs het elk twee spelers uit.
BY WANDERERS
FNB Grootfontein sal behoorlik die wenkbroue lig indien hy Saterdag sy wegwedstryd teen FNB Wanderers vir ’n verrassing kan sorg.
Die noordespan is boaan die puntelys en onder aanvoering van hul haker en gereelde drieëdrukker Wikus Jacobs (’n man wat juis vir jare sy rugby by Wanderers gespeel het) staan hulle vir niemand terug nie.
Wanderers sal sonder sy agtsteman Christo van der Merwe wees, wat deur ’n maagvirus uitgeskakel is. Gevolglik neem skrumskakel Jacques Theron die rol van kapteinskap oor.
Die Wit Hingste moes ook vir Le Beau du Preez met Denzil van Wyk vervang, nadat die jong slot twee naweke gelede in ’n voertuigongeluk lig beseer is en op die dokter se aanbeveling ’n ruskans moet kry.
Die tuisspan se skietgoed sluit boonop in dat hy Obert Nortjé en Thomasau Forbes (beide Wêreldbeker-spelers in 2019) vir die eerste keer dié seisoen op die reserwebank kan insluit.
Dié kragmeting behoort geen toeskouers teleur te stel nie.
BY UNITED-VELD
Kudus, ná sy indrukwekkende oorwinning met 20-5 teen Unam twee naweke gelede, het dié wenspan onveranderd gelaat om Saterdag teen Trustco United in Windhoek te kom speel.
Net Aston Mukwiilongo (sewes) moes deur Zane Williams vervang word.
• Aan United se kant is ’n nuwe kaptein aangewys, ná die haker Gerhard Thirion se rooi kaart teen Suburbs twee naweke gelede.
Handré Bezuidenhout, die nuwe spanleier teen Kudus, skuif na regtervleuel in ’n direkte omruiling met Darryl Vries, wat binnesenter was.
BY HAGE GEINGOB-STADION
Reho Falcon se spanlys is nog nie ontvang nie vir dié wedstryd wat as Western Suburbs se tuiswedstryd tel.
Die vleuel Gino Wilson is in Uganda vir die sewesrugby en dus neem die flank Richard Mupewa die kapteinsrol vir die Khomasdallers oor.
OP REHOBOTH
FNB Rehoboth Rugbyklub keer terug na aksie ná die skielike afsterwe van hul prominente agtsteman Cameron McNab in ’n motorongeluk vroegoggend twee Saterdae gelede.
McNab het juis tevore ook vir die span se volgende opponent, Unam, gespeel.
Die Namibiese sewestoer dra daartoe by dat Unam se spanlys tot nou nog nie ontvang is nie.
Rehoboth het sy flank Francois Visagie as ’n nuweling aan die sewestoer afgestaan. Die Rooi Bulle se stut Kevin Cloete is beseer en sy plaasvervanger Delano Coetzee neem gevolglik ook die kapteinskap oor.
Die beskikbare spanlyste:
FNB GROOTFONTEIN (teen FNB Wanderers):
15 Irongwa Atshuvudhi, 14 Luis Talaya, 13 Louis Grobbelaar, 12 Dehan Reynders, 11 Amutenya Amutenya, 10 Ronald Deck, 9 Willem Enslin, 8 Johan Luttig, 7 Jonathan Strijbis, 6 Hendrik van Zyl, 5 Meraere Kaapama, 4 Tehan Martinson, 3 Nelius Theron, 2 Wikus Jacobs (kaptein), 1 Pieter du Plessis.
Reserwes: Maurihungirire Kazepurua, Bernd Beddies, Oliver Mouton, James Hinga, Christopher Deck, Ronald Deck, Peet Harmse.
FNB WANDERERS (teen FNB Grootfontein):
15 Warren Ludwig, 14 Nandi Karuuombe, 13 Bernie Hugo, 12 Bredell Wessels, 11 Louis Meyer, 10 André van der Berg, 9 Jacques Theron (kaptein), 8 Driaan Vorster, 7 Darius von Solms, 6 NG Swart, 5 Erik Strauss, 4 Denzil van Wyk, 3 Frans van Wyk, 2 Stefan Hattingh, 1 Herschel van Wyk.
Reserwes: Obert Nortjé, Iyambo Tshuuya, Johan Meyer, Thomasau Forbes, Kenan Walters, Keanan van Wyk, Ryan Coetzee.
FNB REHOBOTH (teen FNB Unam):
15 Jeandre Loubser, 14 Brandon Dentlinger, 13 Hillian Beukes, 12 Diego Loubser, 11 Russell van Wyk, 10 Ascher Coetzee, 9 Miguel Busch, 8 Roaldo Rittman, 7 Gashwill Boris Majiedt, 6 Chase Diergaardt, 5 Charl Freygang, 4 Conwil Draghoender 3 Delano Coetzee (kaptein), 2 Titus Mathias, 1 Carl-William Freygang
Reserwes: Grant Cloete, Chester Diergaardt, Bayern Bayer, Geraldo Beukes en nog drie spelers.
TRUSTCO UNITED (teen FNB Kudus):
15 Janus van den Berg, 14 Handre Bezuidenhout (kaptein), 13 JD Nel, 12 Daryll Vries, 11 Wynand Smit, 10 Chris Arries, 9 Oela Blaauw, 8 Panduleni Ilonga, 7 Dean Blom, 6 Naude Neethling, 5 Vavi Kaura, 4 Hanno Husselman, 3 Kamaa Kajau, 2 Marius van Niekerk, 1 Johan Brockman.
Reserwes: Franco Pearson, Theo Bekker, Jan Burger, Panduleni Imbondi, Mbiri Mbai, Herman Stroh, Doctor Andreas.
FNB KUDUS (teen Trustco United):
15 Lloyd Jacobs, 14 Zane Williams, 13 Justin Newman, 12 Michael Hummel, 11 Paolo Andrews, 10 Kyle Wentzel, 9 Percy Nash, 8 Joshua Jacobs, 7 Lezardo Vos, 6 Cameron Langenhoven (kaptein), 5 Tertius Arangies, 4 Shaun White, 3 Lorenzo Calaca, 2 Zwandre Viviers, 1 Craig Swartz.
Reserwes: Anthony Hoebeb, Jarren Koning, Charlton Brussel, Lorenzo Groenewaldt, Aurelio Plato, Marvin Kotzee, Clayton Camm.
FNB WESTERN SUBURBS (teen FNB Reho Falcon)
15 Lezardo Williams, 14 Morgan Esterhuizen, 13 Dylan Izaaks, 12 Deveroux Jansen (onderkaptein), 11 Dumarcho Hartung, 10 Bronwin Willemse, 9 Andrew James Kearns, 8 Tjingairi Katjivi, 7 Dhale Cloete, 6 Richard Mupewa (kaptein), 5 Diamando Tjombe, 4 Fidel Micolleney, 3 Andreas Shikoneni, 2 Vernon Diergaardt, 1 Elliot Lombardt.
Reserwes: Zicco Haihambo, Upahee Muhuura, Sebastian Kameja, Vakomboka Kamboo, Viery Haufiku, Joran Farmer, Llewellyn Koopman.
• Onthou dat fnbrugby.my.na die tuiste is om op die hoogte van die tellings, liga se puntestand, nuus en komende wedstryde te bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie