NSSU se twee sewesspanne vir Balspele aangewys
Sewesrugby
Sewesrugby is een van die sportkodes waarin Namibië in die komende dae in die Cossasa Balspele vir onder 17’s en o.13’s gaan meeding wat op Potchefstroom aangebied word.
Terwyl sommige van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se spanne gister reeds via Botswana na Suid-Afrika begin vertrek het, was feitlik geen inligting nog bevestig oor watter ander lande se spanne hul opwagting sal maak, of hoe die wedstrydskedule daar sal uitsien nie. Dis wel te wagte dat Suid-Afrika as gasheerland uiteraard ’n sterk verteenwoordigende span in die veld sal stoot vanweë die godsdienstige erns waarmee rugby daar bedryf word.
Die NSSU o.17-span het die dag voor hul vertrek ’n borgskap van Auas Motors ontvang, wat hul speeltruie, wedstrydbroeke, gholfhemde, “hoodies” en rugsakke verskaf het.
Die o.17-spelersgroep is:
Voorspelers: Ben Burger (kaptein, Windhoek Affies), Hafeni Mangungu (Windhoek Gimnasium), Arenzo Isaaks (Dr. Lemmer); Mauricio Eberenz (Dr. Lemmer; kan ook as agterspeler gebruik word).
Agterspelers: JD Rossouw (onderkaptein, skrumskakel, Walvisbaai Privaat Hoërskool), Van der Merwe Tromp (Windhoek Affies), Alejandro Morkel (WHS), Maughan Jarman (Pro-Ed Akademie), Markus Meyer (Elnatan), Caeden Moller (WHS).
Die spelers word deur Johan Zaayman (hoofafrigter) van Windhoek Affies vergesel, asook Patrick Ludick (St. Joseph’s P.S., hulpafrigter en kommissaris vir skolesewesrugby) en Algenic de Klerk (Narraville P.S., spanbestuurder).
ONDER 13-SEWES
Mnr. Brian Titus (Hoeksteen Primêre Skool) is afrigter van die Namibiese o.13-sewesspan, met Ernest Groenewald (Orban) as spanbestuurder.
Die spanlede is Mias Nieuwoudt (Pro-Ed), Jandré Burger (Pionierspark), Operi Katjindu (Donatus), Matt-Reece Izaaks (Windhoek Gimnasium), Joshua Platt (Pionierspark), Miheshco Mouton (Ruimte), Jaydrian Jansen (Keetmanshoop Primêre Skool), Adriaan Ludeke (Roots Gimnasium), Cayleb Buys (Pionierspark), Maldanado de Wee (JTL Beukes), Caleb Beukes (Walvisbaai Primêr) en Drikus Maartens (Edugate).
• Basketbal, sokker, atletiek, netbal en vlugbal is ook van die sportkodes waarin die NSSU spanne na Potchefstroom stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie