Nuutste wonderwerk toe net glips op papier

Atletiek
Tielman Van Lill
Atletiek Namibië (AN) het Saterdag sy derde Grand Prix-byeenkoms vir die jaar by die Youth Services-stadion op Rietfontein in die Otjozondjupastreek aangebied.

Vroue- en mansatlete kon aan agt items deelneem insluitend die 100 meter, 400 m, 800 m (1500 en 3 000 net vir vroue), 5 000 (net mans), 4x100-aflosse, gewigstoot en verspring.

Min vuurwerke is gelewer, behalwe “op papier” in die 3 000 vir vroue waar die foutiewe indruk van ’n massiewe nasionale rekord geskep is.

Volgens AN se amptelike uitslagdokument hou Helalia Johannes die nasionale 3 000-rekord van 15 minute 14.23 sekondes – wat deur al sewe atlete in die wedloop insluitend die wenner (Elizabeth Kalolo, 10:46.61) te pletter gehardloop is.

Die 15:14.23 is inderdaad Johannes se nasionale rekord in die 5 000 meter, wat sy in 2019 in Wuhan, China opgestel het.

Namibië se 3 000-vrouerekord staan inderdaad nog heel veilig agter die naam van Beata Naigambo op 9 minute 20.34 sekondes, opgestel by ’n Grand Prix in Windhoek op 14 Januarie 2012.

Dis egter nie die eerste of grootste fiasko vanjaar vir AN se beamptes nie. Vroeër vandeesmaand tydens AN se tweede GP is die legendariese Luketz Swartbooi se nasionale 5 000-rekord glo ook in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek deur die broers Daniel Paulus (eerste) en Simon Paulus (tweede) aan flarde genael.

Volgens AN se uitslae het Daniel Swartbooi se rekord (13:46.91) met 37.29 sekondes tot 13:09.62 verbeter, terwyl Simon in 13:37.85 geëindig het.

Ooggetuies het egter aan Republikein gesê die atlete by die tweede GP in Olympia het een baanrondte (400 m) te min gehardloop. By navraag deur die koerant aan Erwin Naimhwaka, AN se president, het hy bevestig dat AN van dié bewerings bewus is.

Naimhwaka het op 8 Februarie in ’n mediaverklaring gesê Paulus se rekord sal ondersoek word. “AN se bevinding sal bekend gemaak word sodra die ondersoek afgehandel is,” het hy gesê.

Republikein het laas Donderdag en Dinsdag per Whatsapp navraag aan Naimhwaka rakende die ondersoek gedoen wat twee weke gelede moes begin het. Hy het egter nie op die boodskappe gereageer nie.

Hy het wel gister op Limba Mupetami van ons susterkoerant die Namibian Sun se navraag gereageer.

Mupetami: “Middag mnr. Erwin. Paulus se rekord, is dit al reggestel?” Naimhwaka: “Middag. Nog nie, AN se uitvoerende raad (EB) het die betrokke verslag ontvang en wag nou op die volgende EB-vergadering,” is al wat die president gesê het.

Rietfontein se voorste uitslae:

VROUE

100: 1 Ndawana Haitembu (12.47 sekondes), 2 Johanna Ludgerus (12.57), 3 Cornelia Goreses (13.07).

400: 1 Tuuliki Angala (57.87), 2 Napuumue Hengari (1:00.94), 3 Kazaatjo Kambiri (1:01.07).

800: 1 Linea Iita (2:21.10), 2 Nyanyukweni Frans (2:24.06), 3 Hilma Nataneal (2:25.04).

1 500: 1 Saara Shikongo (4:45.42), 2 Ester Tjipahugirwa (4:45.69), 3 Linea Iita (4:48.75).

3 000 m: 1 Elizabeth Kalola (10 minute 46.61 sekondes), 2 Shiivomwene Shilongo (10:46.79), 3 Martha Simuma, (11:06.15).

Verspring: 1 Hitjivirue Hoveka (4.99 meter), 2 Fabiola Rukoro (4.49), 3 Selma Hofni Olupale (3.75).

Gewigstoot: 1 Martha Nengola (F45, gestremde atleet) 4.23 m, 2 Ndapewa Shooya (F52, gestremde atleet) 4.07.

4x100-aflos: 1 Unam-atletiekklub A (Frieda Iithete, Jade Nangula, Christine Mukumbi, Cornelia Goreses) 50.96, 2 Otjinene-klub (Vemutjitavi Karuihe, Hitjivirue Hoveka, Kazaatjo Kambiri, Uatjevera Mbeundja) 51.28, 3 Ohangwena-klub A (Saima Immanuel, Janelle Ndjuluwa, Ester Petrus, Emilia Haufiku) 53.83.

MANS

100: 1 Phillip Haiduwa (10.83), 2 Elton Hoeseb (11.02), 3 Alfeus Jason (11.04).

400: 1 Elton Hoeseb (48.51), 2 Enock Kawiwi (49.90), 3 Ezra Nakale (50.07).

800: 1 Mathew Angula (1:55.82), 2 Paavo Eshiko (1:58.44), 3 Jonas Josef Erastus (2:00.96).

1 500: 1 Tangeni Sakaria (4:09.60), 2 Teofelus Lisias (4:10.14), 3 Paulus Andreas (4:10.21).

5 000: 1 Cornelius Nghilyeendele (15:15.00), 2 Tangeni Sakaria (15:29.00), 3 Matias Simon (15:44.53).

Verspring: 1 Andrew Ismael Junior Kalilo (6.35), 2 Isak Reens (6.01), 3 Joe Kamwi (5.96).

Gewigstoot: 1 David Ndeilenga (9.20), 2 Bradley Kabende (7.74), 3 Flex Sameul (F13, gestremde atleet) 7.25m.

4x100-aflos: 1 QSB Windhoek Hochland A (Dennis Sindimba, Kevin Goagoseb, Joseph Joseph, Tostao Nangolo) 43.24. 2 Unam A (Mahmad Bock, Gregor Appols, Festus Kandiba, Enock Kawiwi) 43.78. 3 Otjinene A (McDonald Kuaisa Tjipetekera, Mbitjita Kautjituavi, Vevangapi Tjijahura, Vetuakouvi Tjitaura) 44.17.

Klubpunte: 1 Unam-atletiekklub (79), 2 QSB Windhoek Hochland (68), 3 Namibië Korrektewe Dienste (66), 4 Otjinene (42), 5 Kakadhinwa AC (33), 6 Golden Cheetah (32), 7 Cheetah (29.5), 8 Ohangwena (28.5), 9 Outapi Rockets (28), 10 Ongwediva (27).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!