Nuwe bestuur propvol ywer vir Reho Falcon
Klubrugby
Die vleuel Franklin Karigub is as speler van die jaar bekroon.
Die jong talent wat vanjaar hul merk by FNB Reho Falcon rugbyklub begin maak het, sorg dat rugbyliefhebbers, oudspelers en beamptes voortdurend meer insette wil lewer om die spogklub van Rehoboth binnekort weer tot suksesvolle hoogtes te voer.
Reho Falcon het Saterdagaand by Hobasen Montana Villa sy prysuitdeling en jaareindfunksie gehou waar spelers vereer is vir deelname die afgelope seisoen.
Hoewel die klub onderaan die sewe spanne in die NRU premierliga en NRU reserweliga punteleer geëindig het, is daar hoop met die vlak van jong talent wat vanjaar kop uitgesteek het.
Hierbenewens het finansiële bydrae deur FNB Namibia die klub ’n ekstra hupstoot gegee. Reho Falcon kon ’n paar spelers uit Suid-Afrika oortuig om hul potensiaal met die plaaslike spelers te deel. Van die beamptes wat die besluit geneem het moes deurloop onder kritici van ondersteuners.
Saterdagaand se prysuitdeling was ’n reuse-sukses en die man van die aand was die vleuel Franklin Karigub wat met die trofee as sportman van die jaar weggestap het. Hy het vanjaar die nasionale sewesspan vir die Afrika-kampioenskap gehaal en ’n blink toekoms word vir die belowende speler voorspel.
Nog ’n mylpaal wat Reho Falcon behaal het is die groot getal bestuurslede wat gewese spelers en ervare administrateurs insluit. Van die bekendes is die voorsitter Etienne Coetzee, Christo Alexander, Joseph Losper, Dannie Loxton, Deon Mouton, Ronaldo Pedro, Lynette Pedro, Jeremy Cloete, Brain Bayer, Kehoma (Karools Londt), Annelize Dunn, Leonora Eberenz, Arlene Brandt, Jumari Gertze, Christline Panizza, Nicolene Mouton, Colin de Koe en die eerstespankaptein Roland Renton as spelersverteenwoordiger.
Coetzee het aan Republikein gesê: “Ons gaan alles in die stryd werp om Reho Falcon weer een van die voorste klubs in Namibië te maak, veral met ’n maatskappy soos FNB wat ’n reuse finansiële bydrae maak. Dit was ons eerste prysuitdelingfunksie na vier jaar.
“Ons het hard gewerk om die spelers te vereer vir hul spel die afgelope seisoen. Ons posisie op die punteleer is nie eintlik ’n ware weergawe van ons spel nie.
“Daar was ’n paar wedstryde wat die jongmanne veral in die tweede helfte met goeie spel en deursettingsvermoë sterk teruggekom het. Met meer geluk aan ons kant kon ons die bordjies teen groot name verhang het.
Dominee Pedro wat ook teenwoordig was het met woord en daad die manne moed ingepraat vir die 2023 rugby seisoen.
“Falcon het die afgelope jaar aansienlik gegroei en hul spelpeil verbeter. Om te sien hoe ons gewese spelers en beamptes hul gewig ingegooi het, spreek boekdele.
“Groei gebeur nie onmiddellik nie; dit neem tyd om die mylpale te bereik en bo uit te kom. Maar glo in julself, want die bietjie kan groot word en julle kan weer soos reeds bewys die wenners van die Premierliga-trofee omhoog hou.
“Falcon het destyds bewys dat dissipline ’n groot rol speel as jy sukses wil behaal. Met die getal bestuurslede, en die jong spelerstalent wat aangesluit het, moet julle glo dat dit wat julle ingesit het, sal groei. Hou daai koppe hoog, behou die geloof en weet dat julle weer respek sal afdwing.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie