Nuwe geslag moet in Birmingham na vore tree

Statebondspele 2022
Die land se 2018 gouemedaljewenners Helalia Johannes en Junias Jonas het beide weer die span gehaal.
Jesse Jackson Kauraisa en Andrew Poolman
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOC) het Namibië se span vir Statebondspele aangekondig, wat ’n paar hoopvolle potensiële medaljewenners insluit.

Die Spele vind van 28 Julie tot 8 Augustus in Birmingham, Engeland, plaas.

Die Namibiese span bevat heelwat debutante in die wedstryde, terwyl net ’n paar al vorige verskynings by die Statebondspele gemaak het.

Dit sal die eerste Statebondspele se verskyning wees vir baanatlete soos Christine Mboma, Daniel Paulus en die drietal 400-meterhardlopers André Retief, Ivan Geldenhuys en Mahmad Bock, terwyl die swemmer Xander Skinner en Ronan Wantenaar, driekampatlete Imke Jagau, Anri Krugel en Divan du Plooy, asook die stoeiers Romio Goliath en Jason Afrikaner ook hoop om die volgende geslag presteerders in hul sporte te word.

Die land is steeds op hete kole oor Mboma se terugkeer na volle fiksheid nadat sy onlangs tydens ’n wedloop in Nairobi ’n bobeenspier beseer het. Op haar beste sal die silwermedaljewenner in die 200 by verlede jaar se Olimpiese Spele in Tokio definitief ’n prominente aanspraakmaker wees.

Haar gewese oefenmaat en medefinalis in die Olimpiese 200, Beatrice Masilingi, is nie in die span vir die Statebondspele en plaas klaarblyklik haar volle fokus op deelname aan atletiek se senior wêreldkampioenskap in Eugene in die Amerikaanse staat Oregon. Op Masilingi se program sal die 200 uitdunne op 18 Julie wees, met die semifinaal en eindwedloop oor die volgende twee dae.

By die Statebondspele sal die veterane Helalia Johannes en Jonas Junias sal poog om nog medaljes by hul vorige prestasies te voeg.

Een van die Namibiese vooruitsigte, die 400-meterspesialis Bock, sê hierdie klas van kompetisie is waarvoor hy reeds sy loopbaan werk.

“Ek is werklik dankbaar en geëerd om deel van die span te wees, want dis waarvoor ons as atlete gewerk het.

“Om jou land by so ’n groot geleentheid te verteenwoordig, is ’n eer en ek bedank graag my afrigter en elkeen wat ’n rol n my loopbaan gespeel het.

“Ek sal gereed wees om aan hierdie byeenkoms deel te neem, want ek het hard gewerk op die oefenbaan,” het hy gesê.

Bock was die enigste van die Namibiese drietal wat by die onlangse Afrika-kampioenskap die 400-finaal kon haal. Namibië se enigste medaljewenner by die kontinentale byeenkoms was die diskusgooier Ryan Williams, met ’n brons.

MEDALJES TOT DUSVER

Die NNOK en die Statebondspelevereniging het ook aangekondig dat Marja Woortman die missiehoof sal wees vir die span wat na Engeland op pad is.

Namibië het aan sover aan sewe Statebondspele deelgeneem sedert sy debuutverskyning in Victoria, Kanada, in 2006. Die land het tot dusver altesaam 20 medaljes ingesamel – vyf goud, vier silwer en elf brons.

Johannes (nou 41) keer terug na die Spele nadat sy goud by die 2018-byeenkoms by die Goue Kus in Australië gewen het. Sy het die vroue-marathon in ’n tyd van 2:32:40 gewen, terwyl Jonas ook in 2018 ’n goue medalje verwerf het deur Kanada se Thomas Blumenfeld in hul ligweltergewigstryd te klop.

Die Namibiese span:

ATLETIEK: Helalia Johannes (marathon), Alina Armas (marathon), Tomas Rainhold (marathon), Christine Mboma (naellope), Ryan Williams (diskusgooi), Gilbert Hainuca (naellope), Mahmad Bock (400), Daniel Paulus (long distance), André Retief (400), Ivan Geldenhuys (400).

PARALIMPIESE ATLETIEK: Ananias Shikongo, Bradley Murere.

BOKS: Jonas Junias, Tryagain Ndevelo.

ROLBAL: Carel (Cabous) Olivier, John-Pierre Fouché.

FIETSRY: Vera Looser, Tristan de Lange, Alex Miller, Hugo Hahn, Xavier Papo, Jean-Paul Burger, Drikus Coetzee.

GIMNASTIEK: Shayna Schutte, Emilia Ekandjo.

SWEM: Xander Skinner, Ronan Wantenaar.

TRIATHLON: Imke Jagau, Anri Krugel, Divan du Plooy.

STOEI: Romio Goliath, Jason Afrikaner.

•Die aangewese ondersteuningspersoneel sluit in dr. Elizabeth Botha (spandokter), die fisioterapeute Brigitta Augustyn en Ruan Mocke en Hesron Kapanga as mediawerker.

Die atletiekspan se afrigters is Robert Nghipangelwa en Henk Botha. Die boksers word deur afrigter Albertus Tsamaseb vergesel, en die rolbalpaar deur afrigter Fredrick Henry Fouché.

Saam met die fietsryers toer Elanor Grassow en Hans du Toit as afrigters, asook Ermin van Wyk as werktuigkundige.

Anne Louise Snyman en Eleanora Karamfilova reis saam as gimnastiekafrigters, terwyl Belinda Oberholster die paralimpiese atlete se afrigter en Jean-Paul Schmidt hul bestuurder is.

Janis Stergiadis (swemafrigter), Adelé de la Rey (triathlon-bestuurder), Roual Spangenberg (triathlon-afrigter) en Luis Forcelledo (stoei-afrigter) is ook van die tegniese ondersteuningsspanlede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!