• Tuisblad
  • Sport
  • Nuwe salarisperk in SA Rugby ‘uitstekende nuus’, maar...
Die veelsydige voorspeler Jannes Kirsten keer binnekort terug Pretoria toe nadat hy lank ’n staatmaker vir die Exeter Chiefs in Engeland was. Foto Getty Images
Die veelsydige voorspeler Jannes Kirsten keer binnekort terug Pretoria toe nadat hy lank ’n staatmaker vir die Exeter Chiefs in Engeland was. Foto Getty Images

Nuwe salarisperk in SA Rugby ‘uitstekende nuus’, maar...

Rugby
Cobus Claassen
Die vier groot franchises in Suid-Afrikaanse rugby mag vanaf 1 Julie sowat R14 miljoen meer bestee om spelers te kontrakteer, maar die inkomste moet ook geskep word om dit haalbaar te maak, sê Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy.

“Dis natuurlik uitstekende nuus, want dis wat nodig gaan wees om volhoubaar teen die groot spanne in die Noordelike Halfrond mee te ding.

“Jy moet steeds daardie begroting binne die maatskappy kan skep om dit te bestee,” sê Rathbone.

Dié vier franchises se salarisperk (tans R71 miljoen per jaar) is verlede week tot R85 miljoen – van 1 Julie 2023 tot 30 Junie 2024 – verhoog nadat die voorstel op ’n vergadering van die Suid-Afrikaanse Rugby-werkgewersorganisasie (Sareo) ter tafel gelê is.

Voorts is besluit dat die Stormers, Haaie, Leeus en Bulle van 1 Julie 2024 elk R95 miljoen aan hulle senior groepe kan bestee.

“Jy kan die begroting tot R100 miljoen opstoot, maar jy moet steeds die inkomste hê om dit te bestee.

“Ons fokus is onder meer op meer borgskappe, inkomste uit losies en ander gebeurtenisse op Loftus Versfeld.

“Die maatskappy is in die bevoorregte posisie om ’n vennoot soos Mamelodi Sundowns te hê, wat jaarliks sowat 24 sokkerwedstryde op Loftus speel.”

Rathbone sê die Bulle se vertonings tot dusver dié seisoen het gewys die gaping tussen die “A- en B-span” is te groot.

“Ons het ook gesien hoe ’n groot verskil Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie gemaak het wanneer hulle in die span was.

“Daar is ’n behoefte om meer spelers in die groep te hê wat so invloedryk is.”

Hy sê dit was nie ideaal dat sleutelspelers soos Johan Goosen, Sbu Nkosi en Jacques du Plessis vir groot dele van die seisoen nie beskikbaar was nie.

Hoewel Nkosi nog tot volgende jaar by die Bulle gekontrakteer is, word druk bespiegel dat hy ’n nuwe tuiste by ’n oorsese klub beding.

Die Bulle sal nie in dié Bok-vleuel se pad staan nie indien hy die unie sou versoek om vroeër van sy kontrak vrygestel te word.

Nuwe aanwinste soos Wilco Louw, Jannes Kirsten en Jaco van der Walt sal in Julie by die Bulle aanmeld.

Die span se voorseisoen vir die 2023-’24-jaar sal ná afloop van die Curriebeker-kompetisie aan die einde van Julie begin.

’n Groot toets wag intussen Saterdag op die Ligbloues wanneer hulle in Mbombela teen die Curriebeker-kampioen, die Pumas, te staan kom.

Die Laevelders het die Bulle in die eerste ronde van die Curriebeker-kompetisie met 63-15 verneder.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!