Nuwe toerusting maak Suburbs beter
Klubrugby
Die oorhandiging van ’n skrummasjien ter waarde van N$25 000 aan die bestuur van FNB Western Suburbs is ’n groot hupstoot vir die rugbyklub van Khomasdal.
Die skenker is Kraatz Engineering, ’n filiaal van die Ohlthaver & List (O&L) maatskappygroep wat spesialiseer in ingenieursdienste vir toerusting in mariene en aflandige mynbou, vervaardiging, swaar masjinerie, sonkrag en sweiswerk.
Die skrummasjien, wat dadelik die naam “Kraatzie” gekry het, is spesiaal deur die maatskappy ontwerp oor ’n tydperk van 81-en-’n-half ure, wat volgens hulle ’n prettige uitdaging was wat ook bevrediging bied omdat dit in die gemeenskap terugploeg.
Staal van nagenoeg 230 kg is vir die skrummasjien gebruik, wat 3.07 meter lank en 1.51 meter wyd is. In die ontwerp het die Kraatz-span aspekte van veiligheid in ag geneem om ongelukke en beserings te voorkom.
Jacques de Langen, die projekbestuurder by Kraatz, sê: “Rugby is deel van ons gemeenskap en ’n sportaktiwiteit waarin selfs van ons werknemers betrokke is.
“Die prestasie van Namibië se rugbyspan as Afrika-titelhouer en Wêreldbeker-kwalifiseerder is welbekend en talle spelers is die produkte van plaaslike klubs soos Western Suburbs, wat in die hart van Khomasdal geleë is.
“Om ’n skrummasjien van hierdie gehalte te kon lewer, is vir ons span ’n pluimpie, maar ook ’n voorbeeld van die gehalte werk wat Kraatz aan ons kliënte bied.
“Ons is bly dat die tyd wat ons hieraan bestee het, vir ’n lang tyd vir die klub en die spelers van waarde kan wees.”
Keith Allies, president van Western Suburbs-rugbyklub, sê: “Namens ons klub spreek ons dank uit teenoor O&L en Kraatz vir hierdie borgskap en teenoor die span wat tydens hul vakansie aan hierdie projek gewerk het.
“Dit wys jul toewyding aan die gemeenskap. Hierdie skrummasjien is werklik ’n kunswerk. Ons vorige skrummasjien was vir omtrent twintig jaar gebruik, maar tegnieke het verander en ons moet daarby aanpas. Hierdie masjien sal ons in dié opsig van hulp wees.
“Hierdie skenking beteken vir ons baie en ons het groot waardering.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie