Nuwe uitdaging vir ryers by Kaizer Wilhelm

Enduro
Tielman Van Lill
Die vyfde been van die Ark Trading nasionale enduro-kampioenskap word môreoggend naby die Westelike Verbypad aangebied – naby genoeg vir mense om te gaan kyk hoe die ryers met hul motorfietse die moeilike terrein aandurf.

Die nasionale reeks is reeds verby die halfpadmerk en ná môre se kompetisie by Kaizer Wilhelm bly net drie kompetisies oor voor die Namibiese kampioene vir 2022 bekroon word.

Goeie nuus is dat X-Race Namibia volgende maand ná ’n lang afwesigheid sal terugkeer. Die X-Race by Elisenheim is deel van die kontinentale Afrika-kampioenskap en word op 30 September en 1 Oktober aangebied. Dié kompetisie lok gewoonlik topryers van Suid-Afrika en die kontinent wat punte vir die Afrika-kampioenskap jag.

Die Namibië Enduro-klub bedank Teichmann Namibia vir die skraap van die twee kilometer grondpad, asook die skoonmaak van die kuipe-area.

AANWYSINGS: Ry noord op die westelike verbypad vanaf Prosperita of Unam. Draai links by die Chinese Railroad Seventh Group-kamp. Hou regs verby die kamp en volg die pad vir ongeveer 2 km tot by die kuipe.

Skakel: https://goo.gl/maps/Wo59zZA4roKoHYd17.

GPS-koördinate -22°35’43.4”S, 17°02’04.0”E

• Huidige nasionale kampioenskappuntestand (topdrie posisies):

Klas 1: 1 Keanu Weber-Trianus 40, 2 John Daniel Simpson 35, 3 Gerhard Myburgh 32.

Klas 2: 1 Quinton van Rooyen 77, 2 Stuart Pearce 52, 3 Marcel Henle 50.

Klas 5: 1 Jörn Greiter 77, 2 Kai Hennes 64, 3 Jaco Husselmann 41.

Klas 7: 1 Albertus Basson 71, 2 Sean Kemp 37, 3 Philip Ellis 37.

Klas 10: Vigo Swiegers 80, 2 Wilhelm Swiegers 61, 3 Zoe Waldschmidt 47.

Klas 11: 1 Harry Kibble 20.

KLASSE SE SPESIFIKASIES

Klas 1: Junior pro (3 rondtes = 30 kilometer) 16 tot 20 jaar. Tweeslagenjinkapasiteit van 150cc tot 300cc.

Klas 2: Ope pro (3 rondtes = 30 km) 16 jaar en ouer. Enige enjinkapasiteit.

Klas 5: Senior Pro (2 rondtes = 30 km) 38 jaar en ouer. Enige enjinkapasiteit.

Klas 7: Klubmans/intermediêr (3 rondtes = 25 km) 14 jaar en ouer. Enige enjinkapasiteit.

Klas 10: Groentjies (3 rondtes = 18 km) vanaf 12 jaar. Minimum 85cc.

Klas 11: Beginners/ontwikkeling (2 rondtes = 18 km) van ses tot 12 jaar. Enjinkapasiteit nie groter as 100cc-tweeslag en 150cc-vierslag nie. Ryers moet deur ’n ouer of voog vergesel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!