Nuweling-heelagter haal Poemas se WB-groep
Rugby
Michael Cheika, hoofafrigter van Argentinië, het die heelagter Martin Bogado, wat Saterdag sy toetsbuiging teen die Springbokke gemaak het, ingesluit in die Poemas se groep van 33 spelers wat aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk sal deelneem.
Rodrigo Isgro, ’n voormalige sewespeler, en die nuweling-losvoorspeler Pedro Rubiolo is ook in die span nadat hulle ’n paar maande gelede nog uit die prentjie was.
Die span sal aangevoer word deur Julian Montoya, een van die drie hakers in die span. Een van die ander hakers is die voormalige Poemas-kaptein Agustin Creevy, wat die naweek teen die Bokke in sy 100ste toets gespeel het.
Die Bokke het dié opwarmwedstryd in Buenos Aires met 24-13 gewen.
Cheika het gewaag deur drie vaskopstutte – Nahuel Tetaz Chaparro, Francisco Gomez Kodela en Joel Sclavi – en net twee loskopstutte – Thomas Gallo en Eduardo Bello – in die groep in te sluit.
Chaparro en Sclavi het wel al op loskop uitgehelp wanneer die nood gedruk het.
Onder die ongelukkige spelers wat nie die groep gehaal het nie, is die senter Matias Orlando en die veelsydige agterspeler Santiago Cordero.
Argentinië, wat in groep D geloot is, se eerste wedstryd in die toernooi is op 9 September teen Engeland.
Hulle sal ook later teen Japan, Samoa en Chili in dié groep te staan kom.
Die Poemas se groep is:
Stutte: Nahuel Tetaz Chaparro, Francisco Gomez Kodela, Joel Sclavi, Thomas Gallo, Eduardo Bell;
Hakers: Julian Montoya (kaptein), Agustin Creevy, Ignacio Ruiz.
Slotte: Matias Alemanno, Tomas Lavanini, Guido Petti.
Losvoorspelers: Facundo Isa, Pablo Matera, Juan Martin Gonzalez, Santiago Grondona, Marcos Kremer, Rodrigo Bruni, Pedro Rubiolo;
Skrumskakels: Gonzalo Bertranou, Lautaro Bazan Velez, Tomas Cubelli.
Losskakels: Santiago Carreras, Nicolas Sanchez.
Senters: Santiago Chocobares, Lucio Cinti, Jeronimo de la Fuente, Matias Moroni;
Vleuels en heelagters: Emiliano Boffelli, Juan Cruz Mallia, Mateo Carreras, Juan Imhoff, Rodrigo Isgro, Martin Bogado.
– Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie