Die Namibiese o.12-sewesrugbyspan. Foto verskaf
Die Namibiese o.12-sewesrugbyspan. Foto verskaf

O.12’s speel sewes in RSA

Rugby
Andrew Poolman
Afgesien van die Namibiese o.13 sewesrugbyspan wat dié naweek op Worcester meeding, speel die land se onder 12-span ook in ’n provinsiale toernooi in Riversdal.

Die o.12’s sou gisteraand teen SWD XV open, met wedstryde vandag teen Grens B-span (09:05) en OP Olifante (14:05). Môre wag SWD B-span om 08:00.

Hulpafrigter Mauritz Thirion sê: “Hollard is die hoofborg wat die dryfkrag agter ons deelname verskaf. Dit sal die eerste keer wees dat ons ’n span langer as net drie dae bymekaar kan hê en dit gee ons seuns meer speelkans saam voor groot toernooie soos volgende jaar se o.13 Cravenweek.

“Die spelers is van alle streke, so ver as Oranjemund, Omaheke, Kunene, Erongo en Khomas, vir ontwikkeling voor ons volgende jaar die Cravenweekspan saamstel.”

Die o.12-spelersgroep is: Conroy van Wyk (Ambrosius Amutenya), Jean Botha (Parkies), Tiaan du Plessis (Gobabis Gimnasium), Vikapita Mbaisa (Parkies), Jacobus Boltman (Whk Gim), Ruben Kotze (Whk Gim), Wehan Groenewaldt (Walvisbaai Privaatskool), Bertus Walters (Whk Affies), Cayden Klazen (Parkies), Lloyd van Wyk (St. Joseph), Adrian van der Westhuizen (Orban), Keithen Humphries (Hoeksteen), Ryan Steyn (Whk Gim), Rijk Duvenhage (Walvisbaai Privaatskool), Reece Bezuidenhout (Parkies), André Badenhorst (Whk Gim), Joss Zondagh (Whk Gim), Jaydin Coakley (St. Joseph), Landré van Dyk (Parkies), Kian Jansen van Rensburg (Whk Affies), Jacques Bruwer (Whk Gim), Caillum Januarie (Vooruit Primêr), Frederik Pretorius (Moria).

Afrigter: Brian Titus. Hulpafrigter: Mauritz Thirion. Spanbestuurder: Ernest Groenewald.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!