O.17-meisies eindig sterk in RSA
Skolenetbal
Waarnemers is redelik in hul skik met die vertoning van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se onder 17 netbalspan wat vroeër vandeesmaand aan die Telkom junior kampioenskap in Witbank deelgeneem het.
Die Namibiërs het aanvanklik tweede in hul groep geëindig en hul eindposisie was algeheel vyfde uit 25 spanne.
Die span onder afrigterskap van me. Ina Fransman het ses uit hul agt wedstryde gewen. Hul oorwinnings was teen die Oos-Kaap Iqude (42-31), die Limpopo Mopani (50-27), die Vrystaat Jaguars (42-36), die Noordwes Mooka (42-27), Gamma van Gauteng (45-32) en Mpumalanga se Nyati (50-29).
Hul enigste nederlae was in hul openingswedstryd teen die Cedars van die Wes-Kaap (43-49) en met ’n naelskraapse vier doele in hul spannende finale uitspeelwedstryd teen Gauteng se Delta-span (45-41).
Die NSSU o.17-netbalspan was Mia Burger (kaptein), Jorinda Fourie (onderkaptein), Godlove Victor, Alisha Ludick, Johanna Hashipala, Jorinda Fourie, Desire Moolman, Hendrina Shikwaya, Marne du Toit, Heleni Thomas, Evandre Farmer, Raymonde Hummel en Mbitjita Ndjavera.
Van die borge wat die o.17-toer help moontlik maak het, sluit in die streekgoewerneur van Otjozondjupa se kantoor, Build It Ondangwa, IJ Snyman transport, Niel McKenzie (Okakarara), Badenhorst Apteek en PKF Financial Consulting Services.
• By die vroeër All Ages netbaltoernooi einde Junie in Boksburg was die Namibiese onder 12’s, o.13’s en o.15’s ook in aksie.
Die Namibiese o.12-span was 21ste (uit 22 spanne), die o.13’s is agtste geplaas (uit 24 spanne) en die o.15-span was tiende (uit 23 spanne).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie