O.18-span stel ambisieuse doelwit

Skolerugby
Die twee spogspanne van die Namibiese Hoërskolerugbyvereniging is Saterdag uitgelees.
Andrew Poolman
Die verwerwing van ’n terugkeer vir Namibië na die o.18 Cravenweek is die verklaarde doelstelling vir die skolerugbyspan wat Saterdag aangekondig is.

Mnr. Herman Grobler van Walvisbaai Privaatskool, die hoofafrigter van Namibië by die o.18 Akademieweek, sê die doelwit is gestel om al hul wedstryde te wen en die weg te baan vir hertoelating tot die Cravenweek, waar Namibië ná die 2017-toernooi een van vyf unies was wat in ’n eensydige besluit weggelaat is.

“Ons het al gesprekke met die gekose spelersgroep hieroor gehad en die doelwit gestel om vanjaar drie uit drie wedstryde te gaan wen, sodat Namibië kan onderhandel om volgende jaar se span weer in die Cravenweek toegelaat te kry.”

Die SA o.18 Akademieweek word van 3 tot 8 Julie by Jeppe High School in Johannesburg aangebied.

Ná die naweek se finale proefwedstryd in Windhoek is die toergroep aangekondig. Die spankaptein sal later aangekondig word.

“Ek glo ons het die beste spelers uit alle skole en streke bymekaar gekry en die doelwit is bereikbaar. Ons sal alles in die stryd werp om dit reg te kry,” sê Grobler.

“Daar is baie spoed en talent in die agterlyn en ek glo as ons goeie balbesit op die voorvoet kan kry, kan hulle baie gevaarlik wees en teen enige Suid-Afrikaanse span punte op die telbord plaas.

“As ’n groep lyk ons voorspelers vir my meer fisiek en sterker as verlede jaar. Solank ons ons skrum- en lynstaanbesit beskerm en die SA provinsiale spanne by die afbreekpunte kan domineer, kan ons vir die agterlyn geleenthede skep.

“Ons grootste uitdaging in die oorblywende tyd is om as ’n eenheid saam te werk, omdat almal van verskillende skole en streke is. Sedert die eerste stel proewe en die oefenkamp kan ek darem reeds vordering sien. Die bewegings en die kommunikasie sal altyd skaafwerk nodig hê.

“Die aanduidings op die oomblik is dat ons openingswedstryd teen die Grens Platteland kan wees, vir wie ons nie sal onderskat nie. ’n Moontlikheid wat oorweeg word, is dat die span ’n week vroeër na Johannesburg vertrek, eerder as om soos altyd ’n oefenkamp in Windhoek te hou. Die spelers sal dan kan inskakel by hul omgewing en ons skakel die effek van die lang busrit uit, wat ons tevore gereeld in die eerste wedstryd gevang het. Skoolwerk en eksamens is egter ook ’n faktor wat dié reëling kan bemoeilik.

“Verskeie van ons spanlede is ook vir die Napso-toerspan gekies, wat dalk reeds kan bydra om die kombinasies te ontwikkel.”

Grobler sê die hoërskolerugbygemeenskap het waardering vir die Ohlthaver & List-groep wat as ’n borg van die toer na vore getree het om die skoolseuns se rugbydrome te help bewaarheid.

Namibië o.18-span: 15 Antua Klein (Walvisbaai PS), 14 Jurgen Meyer (WHS), 13 Van der Merwe Tromp (Whk Affies), 12 Stephan Gildenhuys (Whk Gim), 11 Sammy Soobramoney (WHS), 10 Michael Koopman (Walvisbaai PS), 9 J.D. Rossouw (Walvisbaai PS), 8 Ben Burger (Whk Affies), 7 Zack von Wielligh (Whk Gim), 6 Markus Meyer (Elnatan), 5 JP Campbell (Swakopmund Christian Academy), 4 Walter Otto (Whk Affies), 3 Herman Gous (Whk Gim), 2 Delano van der Berg (Whk Affies), 1 Joshua Bester (WHS).

Reserwes: Hendré Schrader (Whk Gim), Gianluca Savoldelli (Whk Affies), Daniel du Toit (Whk Gim), Henry Otto (WHS), Ruan Agenbach (Whk Gim), Alejandro Morkel (WHS), Waldré Kotze (Whk Gim), Xavier Mouton (Walvisbaai).

Afrigters: Herman Grobler (WBPS), JT Basson (Whk Affies), Fernald Bock (Dr. Lemmer). Spanbestuurder: Gert de Waal (DHPS).

NAMIBIË ONDER 16

Die Namibiese span na die SA o.16 Grant Khomo-week (25-30 Junie by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch) is ook aangekondig.

Namibië o.16-span: 15 J.F. Fourie (Tsumeb Gim), 14 Dian Botha (WHS), 13 Handre Cocklin (Whk Gim), 12 J.D. Jankowitz (Whk Gim), 11 Dirk Farmer (Whk Gim), 10 William Beukes (WHS), 9 Adriaan Boonzaaier (Walvisbaai PS), 8 Russell Bartlett (Tsumeb Gim), 7 Vincent Scholtz (Whk Gim), 6 Pieter-Jan Strydom (WHS), 5 Jaythen Orange (WHS), 4 Tjeripo Karuhumba (WHS), 3 Rudolf Harmse (Whk Gim), 2 Jayvin du Plessis (Whk Gim), 1 Jurick van der Berg (Tsumeb Gim).

Reserwes: Tiaan van der Westhuizen (Walvisbaai PS), Gideon van Rensburg (Whk Gim), Stefan Lotriet (Walvisbaai PS), Liam Horn (Whk Gim), Buhlem Oelofsen (Berg-Op Academy), Christopher Coetzee (Walvisbaai PS), J.D. Meintjies (Whk Gim), Alwando Diergaardt (Pro-Ed).

Afrigters: Jan Dames (WHS), Morné Rust (Walvisbaai PS), Devano Alcock (WHS). Spanbestuurder: Rialdo van Wyk (M&K Gertze).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!