O.19-meisies jaag steeds hul WB-droom
Vrouekrieket
’n Senuagtige openingsnederlaag teen Uganda het hopelik nie Namibië se vooruitsigte uit hul eie hande geneem nie, in die Internasionale Krieketraad se o.19 Vroue T20 Wêreldbeker-kwalifiserende toernooi wat Saterdag in Gaborone begin het.
Dié toernooi sal in die komende week die 16de en laaste span bevestig wat in die geskiedkundige eerste T20 Wêreldbeker ooit vir o.19-vroue sal speel, wat in Januarie 2023 in Suid-Afrika aangebied sal word.
Die Namibiërs het gister teruggekap met ’n reusagtige oorwinning van 138 lopies oor die gasheer Botswana, hoewel hulle spyt sal wees dat hulle die vorige dag se uitslag met vier paaltjies aan Botswana afgestaan het.
Die veelsydige individuele talent van Mekelanye Mwatile was tot dusver een van die uitstaande hoogtepunte in die eerste twee wedstryde.
Groep A bestaan uit Tanzanië, Rwanda, Nigerië, Malawi en Mosambiek, terwyl groep B deur Uganda, Namibië, Sierra Leone en Botswana betwis word.
Vandag is ’n rusdag vir alle spanne, terwyl Namibië môre (vanaf 09:30) Sierra Leone die stryd aansê. Die twee halfeindstryde word Saterdagoggend en -middag gespeel, terwyl die deurslaggewende eindstryd op Maandag 12 September voorlê.
Die opgesomde uitslae vir Namibië op die openingsnaweek:
SATERDAG, teen Uganda
Namibië het eerste gekolf en 85/5 opgestel, grootliks danksy Mekelanye Mwatile se 34 lopies van 42 balle (drie viere, een ses). Sy is goed ondersteun in die openingsvennootskap van 57 lopies deur Engela van der Merwe (22 van 40), maar die Namibiërs het hul pad byster geraak deur vinnig paaltjies te verloor voordat Maria Nguali (13 nie uit 18 balle, 3x4) probeer het om die aanvallende inisiatief terug te wen.
Uganda het geantwoord met 87/6 in 17.3 beurte, ondanks die beste boulpogings van die aanvangspaar Naomi Benjamin (2/9 in 4 beurte) en Kayli Nel (2/18 in 4).
SONDAG, teen Botswana
Die Namibiërs het met groot selfvertroue na ’n reusetotaal van 191 vir vier in hul 20 boulbeurte gestorm.
Die openingsvennootskap tussen Engela van der Merwe (70 van 48 balle, 10x4) en Mwatile (46 van 30 balle, 7x4) ter waarde van 82 lopies het van die begin af die pas aangegee.
Spankaptein Edelle van Zyl (21 van 25 balle) en paaltjiewagter Mezerly Gorases (25 van 11 balle) het verdere druk op die gashere volgehou.
In hul kolfbeurt is Botswana tot net 54/9 beperk deur die akkuraatheid van Mwatile (2/9 in 4 boulbeurte), Edelle van Zyl (2/10 in 4).
Miskien selfs meer indrukwekkend was Saimi Tuhadeleni, wat 22 balle geboul het waarvan geen lopies behaal is nie (1/4 in 4 boulbeurte), terwyl Kayli Nel se twee boulbeurte net een lopie gekos het en haar een paaltjie besorg het.
ELDERS
In Saterdag se ander wedstryde het Rwanda ’n klein totaal van net 79 suksesvol verdedig om met nege lopies teen Nigerië te wen, terwyl Botswana vanaf 50/7 het herstel om uiteindelik met een paaltjie teen Sierra Leone te wen.
Tanzanië het vir Mosambiek met nege paaltjies uit die pad gevee om te wys hoekom hulle as een van die gunstelinge beskou word.
• Gisteroggend se ander uitslag: Malawi (83/2) klop Mosambiek (81) met agt paaltjies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie