O.19-spanpoging klop Skotte
Krieket
Verskeie individue het op deurslaggewende tye bydraes gelewer.
’n Spanpoging het die Namibiese o.19-krieketspan, die Walvis Bay Salt Eagles, Woensdag in Pretoria oor die wenstreep gekry in hul tweede nie-amptelike opwarmwedstryd teen Skotland voor die naderende junior Wêreldbekertoernooi.
Net soos die vorige dag toe die Namibiërs teen dieselfde opponent by dieselfde Groenkloof-ovaal tweede beste daarvan afgekom het, is die wedstryd sporadies deur reënbuie verkort. Woensdag was die uitslag egter met sewe lopies in Namibië se guns toe die Duckworth-Lewis-Stern-metode bepalend was.
Namibië se kaptein Alexander Volschenk het die loot gewen en die Skotte ingestuur om eerste te kolf. Hul kolfbeurt het tot 145/6 in 28.2 boulbeurte gevorder, voordat ’n reënbui die spel vertraag en daartoe gelei het dat die wedstryd tot 45 boulbeurte per span beperk is.
Skotland is uiteindelik ná 44.2 boulbeurte vir 216 uitgeboul, met hul totaal wat rondom die aanvangskolwer Jamie Dunk se 52 van 56 balle (agt viere) gebou was, nadat hy die vorige dag ook ’n deurslaggewende 75 aangeteken het.
Hansie de Villiers, wat as draaibouler net af en toe ingespan word, was uitstekend in sy tien boulbeurte, wat hom twee paaltjies ten koste van net 30 lopies besorg het. Die naatbouler Zacheo van Vuuren, wat die vorige dag vyf Skotse paaltjies ingepalm het, was weer bestendig met 1/20 in 6 boulbeurte.
Die ander Namibiese boulsyfers: PD Blignaut 1/45 in 9 bb; Junior Kariata 0/26 in 4; Hanro Badenhorst 1/28 in 6; Woutie Niehaus 2/26 in 4.2; Gerhard van Rensburg 1/23 in 3; Faf du Plessis 0/9 in 2.
Namibië se aanvangspaar het die kolfbeurt uitstekend aan die gang gesit met 69/1 ná die eerste kragspel van nege boulbeurte. Gerhard van Rensburg was op dreef en het sewe viere geslaan voordat hy met sy 26ste bal vir 39 lopies uitgevang is.
Hansie de Villiers (26 van 29 balle, 3x4) en JW Visagie (38 van 46 balle, 4x4 1x6) het ook waardevolle lopies bygedra.
Ryan Moffett (38 nie uit nie van 59 balle) en kaptein Alex Volschenk (6 nie uit nie van 12 balle) was aan die kolf toe reën weer begin uitsak en die wedstryd beëindig het.
Namibië se eindtelling van 168/3 ná 28.2 boulbeurte het hom volgens die DLS-metode hom die wenner met sewe lopies gemaak.
• Reënweer in Pretoria het gister opnuut die o.19’s se derde nie-amptelike opwarmwedstryd teen Nepal belemmer.
Namibië het twee geskeduleerde amptelike opwarmwedstryde (môre teen VSA en Dinsdag teen Ierland) voordat hulle aanbeweeg na Kimberley vir hul Wêreldbeker-groepwedstryde teen Australië, Sri Lanka en Zimbabwe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie