Namibië se o.19 A-span op Stellenbosch. Agter van links is Salomon Nuuyoma, Dirkie Theunissen, Jack Parker (kaptein), JC Balt, Hanro Badenhorst en Gerhard Janse van Rensburg. Voor is PD Blignaut, Hansie de Villiers, Zacheo van Vuuren, JW Visagie, Ryan Moffett en Alex Volschenk.
Namibië se o.19 A-span op Stellenbosch. Agter van links is Salomon Nuuyoma, Dirkie Theunissen, Jack Parker (kaptein), JC Balt, Hanro Badenhorst en Gerhard Janse van Rensburg. Voor is PD Blignaut, Hansie de Villiers, Zacheo van Vuuren, JW Visagie, Ryan Moffett en Alex Volschenk.

O.19-week dien as WB-leerskool

Krieket
Verskeie individue het hul geleenthede aangegryp.
Andrew Poolman
Krieket Namibië se o.19-uitsoekspan het oorwinnings teen Grens en Mpumalanga behaal, nadat hulle op dag een ’n groot nederlaag teen die Boland gely het by die Khaya Majola provinsiale week op Stellenbosch.

Oscar Nauhaus, die o.19’s se hoofafrigter, is pas as Krieket Namibië se hoëprestasieprogram aangestel ná sy vorige werkkontrak in die Emirate. Nauhaus sê hy is opgewonde oor die talent wat deurkom, met ’n B-span (die Welwitschias) wat in dieselfde toernooi blootgestel is.

“Die twee spelersgroepe het ons geleentheid gegee om op te bou na die o.19 Wêreldbeker se kwalifiserende geleentheid (in Junie/Julie 2023) in Tanzanië, met die mikpunt om tot die o.19 WB in Sri Lanka in 2024 deur te dring.

“Dit was ’n goeie mengsel van redelike senior spelers en presteerders by ons onlangse o.19- en o.15-weke. Alle spelers het geleenthede gekry in verskillende rolle om vir die afrigters ’n insig te bied oor hul huidige vlak. Sommiges is inderdaad gereed om in die senior mans HP-program blootgestel te word.

“Die hoogtepunt van die Cheetahs (A-span) se toer was die oorwinning teen Limpopo, waar ons van 27/6 teruggeveg het om uiteindelik die wedstryd met 31 lopies te wen. Die deursettingsvermoë en wennersmentaliteit wat Jack Parker en Zacheo van Vuuren in hul vennootskap gewys het, is belangrike eienskappe in ons aanslag op WB-kwalifisering.”

Namibië se Alex Volschenk, wat in Pretoria skoolgaan, het die vorige week by die SA o.17-krieketweek as kaptein van die Titans stewige spel gelewer wat hom as een van die toptien individue in die toernooi uitgesonder het. Sy kolftellings het 69 teen die Leeus en 43 teen Noordwes ingesluit.

Die opgesomde uitslae op Stellenbosch:

• Donderdag: Boland klop Namibië Cheetahs met 131 lopies.

Boland 225 almal uit in 50 bb. Cormey van der Watt 66 van 89 balle (4x4, 1x6). Dirkie Theunissen 2/25 in 6; Salomon Nuuyoma 2/37 in 8; Alex Volschenk 1/36 in 5.1; JC Balt 1/29 in 10; Zacheo van Vuuren 1/31 in 4.5; PD Blignaut 1/22 in 7; Gerhard Janse van Rensburg 1/44 in 9.

Namibië 94 almal uit in 30 bb. Aanvangskolwer Hanro Badenhorst 16 van 28 balle; kolwer drie JC Balt 26 van 54 balle (3x4); kolwer sewe Alex Volschenk 17 nie uit nie van 22 balle (2x4).

• Vrydag teen Grens, geen uitslag weens reën. Grens 96/3 in 29 bb. JC Balt 3/16 in 8 bb.

• Saterdag, Namibië klop Grens met 140 lopies.

Namibië 254 almal uit in 48 bb. Aanvangspaar Gerhard Janse van Rensburg 54 van 65 b (3x4 2x6) en JC Balt 70 van 67 b (6x4 2x6), kolwer 4 Hansie de Villliers 24 van 20 b (2x4), kolwer 5 JW Visagie 16 van 20 b (1x4), kolwer elf PD Blignaut 17* van 27 b.

Grens 114 almal uit. Dirkie Theunissen 2/8 in 6 bb; JC Balt 3/20 in 10; PD Blignaut 3/11 in 6.4; Alex Volschenk 1/20 in 4.

• Sondag, Namibië klop Mpumalanga met 31 lopies.

Namibië 132 almal uit. Curtleigh Koetzee 4/12 in 10 bb. Aanvangskolwer JC Balt 10 van 15 balle (2x4); kolwer agt Jack Parker 45 van 85 balle (3x4), kolwer nege Zacheo van Vuuren 21 van 45 balle (2x4).

Mpumalanga 101 almal uit in 32 bb. Gerhard Janse van Rensburg 5/29 in 29 bb; Alex Volschenk 1/10 in 6; PD Blignaut 1/6 in 3; Dirkie Theunissen 1/11 in 3.3; Zacheo van Vuuren 1/13 in 4.

B-SPAN (Welwitschias)

• Donderdag, Mpumalanga klop Namibië met sewe paaltjies.

Namibië 146 almal uit in 41.1 bb. Kolwer vier Simon Shikongo 31 van 59 balle (4x4), kolwer elf Addo Iita 19 van 23 balle (2x4, 1x6).

Mpumalanga 147/3 in 35 bb. Addo Iita 2/8 in 4 bb; Junior Kariata 1/10 in 4; Ben Burger 0/13 in 4.

• Vrydag teen Garden Route Badgers, geen uitslag weens reën.

Garden Route Badgers 100/4 in 29.4 bb. Nico Pieters 1/122 in 3; Junior Kariata 0/14 in 5; Francois du Plessis 1/5 in 5; Adriaan Louw 1/11 in 3; Henry van Wyk 0/13 in 4.

• Saterdag, Limpopo klop Namibië met vyf paaltjies.

Namibië 104 almal uit in 36.4 bb. Aanvangskolwer Ramsay MacDonald 13 van 14 b (3x4); kolwer vier Jandre Botha 25 van 48 b (1x4).

Limpopo 105/5 in 26.4 bb. Nico Pieters 2/21 in 8; Ben Burger 2/22 in 4.4; Adriaan Louw 1/11 in 3.

• Sondag, Namibië klop Grens met nege paaltjies.

Grens 45 almal uit in 18.5 bb. Junior Kariata 3/5 in 6 bb; Addo Iita 2/25 in 4; Francois du Plessis 3/6 in 5; Nico Pieters 2/9 in 3.5.

Namibië 46/1 in 9.5 bb. SW Kuhn 28 nie uit nie van 32 balle (1x4).

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!