O.19’s stel visier op hoër vlak
Krieket
Ná die gelukwensings het Krieket Namibië reeds sy plannne ter voorbereiding op WB 2024 begin smee.
Krieket Namibië se Walvis Bay Salt junior Eagles wat pas as die ICC se assosiaat Afrika-kampioen en o.19 Wêreldbeker-kwalifiseerder bekroon is, het veilig uit Dar es Salaam teruggekeer.
’n Tradisionele dansgroep van Na’an ku sê, en talle ouers het die spelers Maandagmiddag by die lughawe verwelkom en gelukgewens. Dr. Rudie van Vuuren (president van Krieket Namibië), Polly Negongo (visepresident van KN), Pierre de Bruyn (hoofafrigter van die senior Richelieu Eagles) en Oscar Nauhaus (afrigter van die o.19’s) was ook in die reisgroep.
Johan Muller, hoofbeampte van KN, het aan die spelers gesê: “Welkom terug ná ’n manjifieke toer. Niemand verstaan hoe moeilik ’n sporttoer in Afrika is, tot jy dit self ervaar nie.
“Julle is nou die helde van elke Namibiese kind wat daarvan droom om vir Namibië te speel. Wat julle op die veld bereik het, is fantasties. Elkeen met wie ek gepraat het, was vol lof vir julle en dit beteken ongelooflik baie vir krieket in die land.
“Ek bedank graag vir Polly, Oscar en Pierre vir hul tyd en opoffering. Julle was as afrigtingspan absoluut fenomenaal. Ons sal binnekort die aankondiging van die groeploting vir Sri Lanka hoor.
“Die ouers moet van nou af nie veel van hul seuns op akademiese gebied verwag nie en hulle sal ook nie veel van ’n Desember-vakansie hê nie.
“Die Wêreldbeker begin op 13 Januarie en jul vooraf toere ter voorbereiding is reeds beplan. Die span sal reeds teen 6 Januarie in Sri Lanka aankom.”
NAUHAUS LOOF DE BRUYN
Vir Nauhaus (KN se hoëprestasiebestuurder) was dit sy eerste ICC-toernooi as afrigter.
“Ek gaan nie jok nie, dit het seker eers vandag by ons begin insink wat ons vermag het. Die gevoel van ‘ons kan dit doen’ kon reeds maande gelede bespeur word. Die veggees en samehorigheid van die spelers was van kardinale belang tot ons sukses.
“Pierre se ondervinding en insette kan jy nie koop nie. As my mentor by my eerste ICC-toernooi was sy invloed massief. Seker 90% van die beplanning en idees vind van die veld af plaas en mense besef dit nie altyd nie. Dit was goed om Pierre daar te hê.
“Die harde werk begin nou opnuut; die manne gaan baie sweet. Daar is vrae wat beantwoord moet word en uitdagings waarvoor oplossings gevind moet word. Die span moet tot ’n hoër vlak vorder voor die Wêreldbeker.
“Die Wêreldbeker is ’n totaal ander gedierte. In verskeie aspekte moet ons met minstens tien persent verbeter om kompeterend te wees,” het Nauhaus gesê.
AS ’n EENHEID
Alexander Volschenk, kaptein van die junior Eagles, het Negongo, Van Vuuren, die afrigtingspan en elke ondersteuner bedank.
“Dis ’n eer om vir Namibië en die Eagles-embleem te speel. Maak nie saak waar ons gegaan het nie, ons was daar as ’n eenheid en het harde krieket gespeel.
“Baie dankie aan almal wat in ons geglo en ondersteun het. Dit voel wonderlik om die kampioene te wees; daar is geen beter gevoel nie. Ons het as seuntjies hiervan gedroom en nou is dit ’n werklikheid.
“Toe ek tydens die kapteins se fotosessie die trofee gesoen het, was maar net om anders te wees, want die ander kapteins het dit bloot vasgehou.
“Die beste gevoel ooit was toe PD Blignaut met sy laaste bal teen Nigerië sy vyfde paaltjie plattrek en ons besef ons is nou in die Wêreldbeker,” het die kaptein vertel.
UITBLINKERS
Volschenk is as die speler van die toernooi aangewys. Sy 115 lopies in vier kolfbeurte (gemiddeld 38, kolftempo 71) was die vyfde meeste. Sy vier sesse in die toernooi was die meeste, terwyl hy ook drie paaltjies in 6 boulbeurte geneem het.
• Die kolwer van die toernooi was die algehele voorste lopiemaker – Solomon Chilemanya van Nigerië (128 lopies in vyf kolfbeurte.
• Morris (Junior) Kariata (Namibië) en George Sesay (Sierra Leone) het die toekenning as voorste bouler gedeel. Kariata was een van vier wat op 10 paaltjies geëindig het. Sesay se 14 paaltjies was boaan die boulerslys en met 85 lopies was hy boonop agtste op die algehele kolwerslys.
• PD Blignaut (10 paaltjies) en Kariata was van die min boulers wat minder as twee lopies per boulbeurt gehandhaaf het in onderskeidelik 20.2 en 19 boulbeurte.
• Onderkaptein Gerhard van Rensburg se 86 lopies (vyfde) en vyf paaltjies, asook Jack Brassell (66 lopies en vyf paaltjies) het ook tydige veelsydige insette gelewer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie